Thursday, August 5, 2010

5 Augustus 2010


Vandag het ons 'n redelike suksesvolle dag gehad in terme van take wat afgehandel is. Pieter het die camper vir sy eerste diens by MAN geneem en sommer al die nodige spaar onderdele wat ons wil saam neem gekry. Sy PDP (Professional Drivers Permit) by die Centurion toetsterein afgehaal en ook die Police Clearance vir die camper daar gedoen. Op die foto is Kobus van MAN besig om die camper te diens.

Ek het die Carnet de Passage (die in en uitvoer dokumente) vir die camper gereël asook die COMESA 3de party versekering. Die COMESA 3de party versekering is geldig vir Zambië, Malawi, Tanzanië en Zimbabwe. Ek het al die vorms ingevul vir ons visums vir Tanzania en hopelik kan ek dit môre indien.

Ek het 'n groot gedeelte van die dag gespandeer om ons reisplan vir Tanzanië uit te werk, in die stadium beplan ons om Ngorongoro, Lake Manyara NP en Lake Tarangire te besoek. Vandag het die Usumbara Mountains en Selous Game Reserve bygekom. Natuurlik sal ons 'n paar dae in Dar Es Salaam ook spandeer, lekker by die see.

Ons sal binne die volgende paar dae ons vertrekdatum vasmaak, voorlopig is dit iewers tussen die 16de en 23ste Augustus.

1 comment:

  1. Min dae, ons gaan julle baie mis!!! Hoop julle het 'n wonderlike tyd, vol baie verskillende en interessante ervaringe. Liefde Nellie en Eugene

    ReplyDelete