Monday, September 13, 2010

Dag 18 Kande Beach, Malawi





Ons is voorspoedig uit Lilongwe uit en het weer in die rigting van Salima gery voordat ons noord gedraai het. Ons volg weer die kuspad. Op ‘n stadium kom ons by so ‘n dodgy hout brug aan – ek skree vir Pieter om te stop, miskien hoor hy my nie, want hy ry oor. Ek knyp my oe toe, want hier val ons in die water!!!! Aan die ander kant stop hy, ek vra toe hoe weet jy die brug sou ons kon dra…..? Pieter: “Want die bordjies het gese 30ton.” Obviously het ek nie die bordjie gesien nie.
Nou is ons oppad na Kande Beach wat tussen Nkotakota en Nkata Bay is. Dit is ook ‘n backpackers resort en ons tref toe 3 overland trokke hier aan. Die een wat ons by Mabuya Camp in Lilongwe gekry het, ook. Ons het 3 vereistes vir kampering, koelte, kragpunt (veral as ons langer as een nag staan) en skoon ablusies. Hier het ons al 3 gekry behalwe geen warm storte agv ‘n kragonderbreking. Ons het vir die kinders die badjie in die camper se stort gesit, sodat hulle darem ‘n warm bad het en ek en Pieter het die koue storte aangedurf.
Ons was nogal moeg en het vroeg in die bed geklim. So 12 uur het ek wakker geword met Pieter wat nie tot rus kan kom nie. Hy kry warm en die krag het aan gekom, maar nou het van die jong, dronk, swetsende overlanders weer basketball begin speel. Die ring/mandjie hang aan ‘n boom baie naby aan ons camper en met ons venters wat oop is, met die hitte hoor ons elke woord. So af en toe tref die bal die camper ook. Pieter is toe op ‘n stadium na buite en toe het die basketball gelukkig tot ‘n einde gekom. Ek dink Pieter het gese: ‘’ íf you wake them, you take them!!!”’

2 comments:

  1. Ek sou ook nie oor daai bruggie wou ry nie!!

    ReplyDelete
  2. Ag, maak die 2 pienk dogtertjies met die pienk handdoek op die voorgrond nie 'n pragtige foto nie? Julle is die regte ouens vir so 'n toer - avontuurlustig met 'n goeie skoot humor! Mag die res vd vakansie nog lekkerder wees as die deel wat verby is! Liefde van ons 6 Hattinghs.

    ReplyDelete