Saturday, September 4, 2010
Dag 8, 9 en 10
Convenant College gee predikant, onderwys en boerdery opleiding. Die boerdery benadering is Farming God’s Way. Gebruik die talente wat jy het en moenie jou vasstaar teen wat jy nie het nie. Jy het miskien nie ‘n trekker en kunsmis nie, maar jy het die volgende talente, gawes en middele tot jou beskikking: Grond, sonskyn, water (1000 mm reen per jaar), tyd, krag (soos in fisiese krag). Al die werk op die plaas word met die hand gedoen, geskoffel, geplant en ge-oes. Daar word mielies, soja, katoen en grondboontjies geplant. Verskillende proewe word geplant sodat die plaaslike bevolking en studente kan sien watter effek, kompos, hoendermis, varkmis, ens het. Daar is ook varke, bokke, konyne en hoenders op die plaas. Die opbrengs van die plaas word gebruik om die mense te onderhou, bv die student wat in die koshuis bly.
Die College het ‘n hamermeul waarmee hulle , hulle eie mielies maal, die omliggende inwoners kan hulle mielies ook hier teen ‘n fooi maal. Sonneblomsade word ook gepers vir olie en die reste gebruik vir dierevoer en kompos.
Die kinders het vanoggend by die winkeltjie op die plaas elkeen 500 Kwatchas se lekkers gekoop, dis omtrent 90c.
In die groentetuin word heelwat gewasse geplant, kool, spinasie, boerekool (kale), uie, eiervrug, Chinese kool, kruie, chillies en tamaties in ‘n tonnel. Die college het ook ‘n paar jaar gelede koffie bome begin plant. Hierdie jaar het die oes 30kg geroosterde koffiebone opgelewer. Die koffie word ook met die hand geoes en in die son gedroog. Later word dit in ‘n tipe wok oor die vuur gerooster. Die surplus word deur die College verkoop.
Die college maak soos baie villages hulle eie bakstene. Die klei word gemeng en bakstene word met ‘n vorm gemaak. Die word dan in die son droog. Later word al die stene gestapel en met modder bedek, voordat dit geba kword. Al die geboue op die plaas college is met tuisgemaakte kleistene gebou.
Die college voel vir my eintlik soos “little Holland”, dis die meeste nederlands wat ek die jaar gehoor het. Mariane, is die nederlandse onderwyseres, wat betrokke is by die onderwys bediening. Sy besoek die skole in die omgewing en gee aan die onderwysers opleiding. Saterdae is sy ook betrokke met die katkisasie van die kinders uit die omgewing.
Cees en Miriam Molenar, is die ander sendingpaar, ook Nederlands met 4 kinders wat wissel van 1 tot 10 jaar. Die Molenar kinders het ‘n nederlandse onderwyser wat vir hulle skool gee. Heindrich en Jacomien Zwemstra het ook 3 kinders tussen 4 maande en 6 jaar.
Phil is van Engeland en betrokke by die Farming Gods Way bediening.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Hi julle, dis so goed om van julle wedervaringe te lees. Ek is bly die band, weegbrug en ander "man" ervaring is agter die rug en dit klink darem nou weer rustiger. Groete
ReplyDeleteSjoe,so 'n klomp onnodige nonsens so vroeg in jul vakansie!! Jammer om te hoor! Hoop dat al die naarhede van julle toer nou agter die rug lê en dat die ervaringe vorentoe net een groot opwindende lekkerte is! Liefde, ons 6.
ReplyDelete