Vir ‘n verandering word ons wakker met die klank van
hoenderhane wat kraai en verkeer. Ons het ‘n rusdag, beplan om wasgoed te was –
gelukkig is hier 3 wasmasjiene, ons moet inkopies doen – vleis koop vir Etosha
en die Tsumeb Museum besoek.
Op pad Tsumeb toe te voet |
Nadat ek met my pa gesels het – dit is after all Maandag, (ons
probeer om elke Maandag met mekaar te praat,) is ons te voet dorp toe. Pieter skat dis so
2km tot by die museum. Vir ingeval ons te moeg raak, het ek ‘n taxi se telefoonnommer
by ontvangs gekry.
Tsumeb Museum is tussen 2 kerke, die Lutherse Kerk en ‘n
Katolieke Kerk. Die museum is regtig die moeite werd om te besoek. Daar is ‘n
afdeling oor die etniese groepe van Namibia, ‘n afdeling oor die slag tussen
die Duitse magte en Suid-Afrikaanse mag in 1915. Die boere het die Duitsers
verslaan, maar die Duitsers het ‘n groot klomp wapentuig in die Otjikoto meer
gegooi. Van die wapentuig is mettertyd
uitgehaal en dit word ten toongestel in die museum. Die goed is
ongelooflik mooi gerestoureer. Daar is ook ‘n groot afdeling oor mynbou.
Tsumeb se katolieke kerk |
Oppad terug stop ons by die Spar vir inkopies en by die
Royal butchery vir vleis. Ons probeer ook van die verskillende Duitse worse uit
soos Bierwurst, Bockwurst en Jagdwurts.
No comments:
Post a Comment