Ons vertrek vanaf Tsumeb na Etosha, ons is ‘n dag te vroeg
maar hoop om dalk ‘n kansellasie te kry en vroëer in te gaan, anders gaan ons
bloot in as dagbesoekers en soek slaapplek naby die hek.
Ons spandeer tyd by little Namutoni watergat en sien
kameelperde, gemsbokke, rooibokke, sebras, koedoes en vlakvarke. Op die dik-dik
drive sien ons toe wel Damara dik-dikke, ‘n vlakhaas, swartgesig rooibokke en
‘n jong hyenatjie.
Damara Dik-dik |
Ongelukkig is die park vol en ons kry kampperplek by
Sachenheim Guest Farm, dit is so 25km van Etosha se hek af. Namutoni is weer so
12km van die hek af. Ons kamp lekker by Sachenheim. Dit kos N$110 per volw,
N$55 per kind en dan nog n$50 vir die camper = N$380 vir die nag.
Die rooibokram het baie belang gestel in die ooie, maar hy het 'n koue skouer gekry |
Little Namutoni watergat |
No comments:
Post a Comment