Jippee, van vandag af slaap ons vir 3 nagte in die Etosha
wildtuin. Eers by Namutoni, dan Halali en laaste by Okaukeujo.
Nadat ons aangemeld het, besluit ons om ,om
Fishers Pan te ry, dis die heel oostelike deel van Etosha. Ons sien nie veel
wild nie, maar geniet die unieke natuurskoon. In die reën seisoen is die
gedeelte van die pan gewoonlik vol en dan is hier ook flaminke.
Spore na nêrens ... |
Fishers pan omgewing |
Vir middag ete is ons terug by die kamp. Dit is maar selde
dat ek in Julie maand in ‘n koue water swembad swem, maar dis presies wat ons 4
gedoen het, dis baie warm hoog in die 20’s (die water was vrek koud!!!!!).
Nadat ons almal afgekoel het, is ons weer
na Klein Namutoni se watergat toe, Daar het ons vir so 2 ure gesit en
diere kyk.
Rooibandstandkiewiet |
No comments:
Post a Comment