Ons neem weer fotos by Spitzkoppe, veral van die boogrots en
ons het pret met die skaduwees en maak ons eie Stronkhorst rock art.
Stronkhorst rock art |
Die
enigste skerpioen wat ons in die hele tyd sien is die yster een by die ingang.
Pieter het ‘n UV LED vir die een kopliggie ingesit en ons het elke aand, orals
gekyk, maar nerens ‘n skerpioen gesien nie. Moontlik is hulle nie aktief in
die winter nie.
Ons stop by ‘n paar stalletjies om krsitalle te koop, voordat
ons die D1918 na Hentiesbaai neem, dis ‘n grondpad en 121km lank. Gelukkig in baie goeie toestand.
Ons ry verby klein Spitzkoppe ook, die omgewing verander en later is dit net
gruis vlaktes (gravel plains), ons sien 3 springbokke en dis al. Ons ry deur
die Dorob National Park, ‘n baie nuwe park wat ten doel het om die woestyn
habitat te beskerm teen die vernietiging deur voertuie wat roekeloos oor die
duine jaag.
By Henties baai is dit ook middagete en vis is op ons
spyskaart. By Fishy Corner het hulle vars Steenbras en Kabeljou. Omdat ek nie
weet hoe enige van die twee proe nie, bestel ek toe 2 van elk. Dit was die
lekkerste vis wat ek nog ooit geeet het.
Ons eet in die camper terwyl ons uit kyk op die Atlantiese oseaan. Die kinders
kan nie wag om by die see te kom nie, ons waarsku van vrek koue water, maar
hulle is baie opgewonde die bult af stand toe.
Ek het nogal van Hentiesbaai gehou, jy kan duidelik sien wat
is die ou ou vissershuisies en wat is die nuwer plekke en dan is daar ook
mansions. Orals langs die kus kan jy die vissersmanne (en dalk -vroue) sien
visvang. Engela het gevra as hulle ‘n bietjie groter is of ons vir hulle
visstokke kan koop, want hulle wil ook visvang.
Op pad Swakop toe sien ons Woltzkasbaken, dis ‘n klein nedersetting so 30km voor
Swakop, elke baie helder kleurige huis
het sy eie water tenk op pale wat dieselfde kleur as die huis geverf is, laat
my nogakl aan Muizenberg se huisies dink.
Op Swakopmund kry ons kampeerplek by Tiger Reef Camp site,
feitlik op die strand, langs die lagoon, naby die pier – perfek!!!!
Ek bespreek
ons uitstappie vir more en ek en Pieter eet die res van middagete se vis,
Engela oortuig haar pa om vir haar 2 min noodles met gerookte mossels te maak
en Emke eet tamatiesop.
No comments:
Post a Comment