Ons moet 8uur reg wees vir ons Living Desert Toer, Douglas kom ons oplaai met hulle
voertuig. Nooit weer sal ons na die woestyn kyk en dink dis leweloos nie.
Ek
weet ongelukkig nog nie wat al die diere in Afrikaans is nie, dus gebruik ek
maar voorlopig die engelse name. Na ‘n praatjie oor die duine, hulle vorms, die
plantegroei en die effek van die mis. Is dit tyd om diere te soek. Die eerste
een wat Douglas vind is die Sand diving Lizard, ‘n oulike dingetjie met skubbe
op sy neus. Ons sien ‘n swaelstertbyvreter
op in Tamarisk tak in die Swakoprivierstelsel. Ek was verras om te sien die
voel kom algemeen voor in die kalaharisandstreke.
Volgende sien ons die Transparent Namib Dune Gecko. Hy het
groot oe en pragtige kleure. Ons kry mooi fotos geneem. Later sien ons ook Desert Chameleons, Douglas neem larwes saam
om hulle te voer. Hy gee die kinders ook kans om die larwes vir die
verkleurmannetjie te gee. Gelukkig is
die Dancing White lady Spider ook by die huis en ons kan sien hoe lyk die nes
van die spinnekop. Hulle voer hulle tonnels onder die grond uit met sy sodat
die sand nie aanmekaar toeval nie. Die spinnekop is nogal agressief en magtig
giftig – jy sal nie doodgaan nie, maar jy sal weet jy is gebyt. Die girls het ‘n probleem met die naam, hoe
kan ‘n mannetjie spinnekop ook ‘n
Dancing White lady wees????
Laaste sien ons die Sidewinder snake, dis ‘n tipe adder,
beweeg redelik stadig en maak gebruik van lokvalle om sy prooi te vang. Al die
diere behalwe die vekrleurmannetjies was onder die sand gewees en Douglas moes
soek vir hulle spore om hulle te kry.
Hierdie was nie ‘n goedkoop uitstappie nie (N$600 pp en
kinders gelukkig halfprys), maar die moeite werd. Dis ‘n ervaring wat jy nie op
jou eie sou he nie en om in die duine te ry was spesiaal. Teen die einde van die toer kon die kinders
vir ou laas vir ‘n Woestyn Spekvreter voeltjie wiurmpies gee. Jip, Douglas het
dit ook saam gebring.
Terwyl ek die blog op datum bring en Engela rus, het Pieter
en Emke die klere wassery toe geneem. Gelukkig moet jy die goed ingee en later
afhaal. N$140 – ‘n bargain ons moet die klere 6nm gaan haal. Nadat ons inkopies
gedoen het, speel die kinders weer op die starnd. Ons bespreek ‘n tafel by die Tug restaurant – hoogaangeskryf in ons
guide boek.
Die ete was heerlik, Pieter het kabeljou geeet, ek het
seekos sosaties wat bestaan uit kingklip, mossels, calamari en prawns, die
girls hake en calamari. Die nagereg spyskaart het ook belowend gelyk, maar ons
was net te vol en het besluit om more middag die nagereg te kom eet.
More oggend gaan ons op die see uitstappie.
No comments:
Post a Comment