Vandag gaan ons op ‘n halfdag dolfyn en rob toer saam met
Laramon Tours. Vir die eerste keer kan ek die appeal van ‘n boot sien.
Ons
vaartuig is motorised catamaran. Alles is goed georganiseer. Ons het nie ver gevaar
nie, toe daar ‘n rob op die boot spring, baie duidelik nie die eerstre keer
nie, Pieter ons gids se van die robbe is al baie mak en ons kan aan van hulle
vat. Ons is so 22 mense aan boord.
Die meeue draai om die boot
en van tyd tot tyd trekduikers en pelikane ook. Later kom land 2 van die
pelikane op die boot langs Emke, sy is gefassineerd.
Emke en Engela staan heel
voor op die boot en tel die jellievisse wat verby kom. Die jellievisse is so
oranjebruin kleur.
Ons vaar naby ‘n robkolonie verby, daar is duisende van
hulle, hulle is baie nuuskierig en spring uit die water soos dolfyne. En so van
Dolfyne gepraat, ongelukkig kry ons hulle nie te sien nie.
Ons bootvaart sluit verversings in en sommer vroeg-vroeg is
ons OBS aangebied en aangesien dit so koud is het ons nie gehuiwer nie. Nou is dit tyd vir vonkelwyn en oesters.
Jackson is besig om die oesters oop en los te maak en op die skinkbord tussen
suurlemoene te pak. Engela hou hom fyn dop, sy is van plan om die oesters ook
te probeer.
Buiten die oester is daar ook platters vol vis, frikkadelle,
hoender en toebroodjies. Pieter was die eertse om die oesters te probeer, ek
volgende en toe Engela. Engela het volstaan by een, maar ek en Pieter het op
die ou end elkeen 3 geeet. Nou hoe proe dit?
Jy proe basies die seewater en die suurlemoensap, die oester self sluk
jy net. Lekker genoeg, maar ek twyfel of ek ooit dit in ‘n restaurant sal
bestel.
Gou-gou is die 3 ure verby en ons is weer op die kaai. In
die vlakwater loop die groot flaminke. Vandag wil ons vis koop om saam te neem
huistoe, die kinders na die Kristal Gallerie toe neem en die poeding by The Tug
gaan eet.
Die poeding was ‘n wonderlike manier om ons vakansie af te
sluit, ek, Pieter en Emke het die warm Cherries Jubilee met roomys geeet en
Engela het vanilla roomys met warm
sjokoladesous gekies, en het sy dit geniet – tot haar wange was vol sjokolade
sous.
More begin ons terugry huistoe. Ons beplan om iewers tussen
Windhoek en Gobabis oor te slaap.
Emke en Engela vir oulaas op die strand |
No comments:
Post a Comment