Monday, July 1, 2013

Dag 4, Dinsdag, 25 Junie – Audi Camp



Ons vertrek so 9h30 by tannie Dorette hulle en is nou op pad MAUN toe. Dis nie ver nie, so 80 km. Pieter maak die camper weer vol diesel terwyl ek gou deur die winkels draf en sommer ook weer geld trek. Het jy geweet daar is 3 Pep’s, Choppies, 2  Spars, Ackermans en ‘n Shoprite in Maun en nie een van hulle verkoop voorskote nie?  Gelukkig vind ek ‘n kombuisware winkel naby die nuwe mall en daar kry ek ‘n voorskoot. JIPPEE!!! Daar is actually 4 om van te kies.
My nuwe voorskoot!

Baie duidelik weet die mense van Maun meer van Fillet want hier kos dit P115 p/kg.
Vandag kamp ons by Audi Camp. Dis ‘n pragtige kamp vol Mopanie bome, daar is ‘n restaurant en swembad. Ons maak gebruik van hulle wasgoeddiens teen P40 vir ‘n mandjie wasgoed. Dis heerlik om weer skoon wasgoed te hê. Die kamp voel nogal soos die wildtuin en orals hoor jy net Afrikaans. Ons braai die eerste van die fillet. Ek het dit in suurlemoensap, olyfolie en knoffel laat marineer vir 24 uur. Dit is heerlik.
Kampering kos P275

No comments:

Post a Comment