Pieter verjaar vandag – hy is 44 jaar oud.
Hy kry ‘n oranje Land Rover vir sy verjaarsdag.
Pieter en sy nuwe Landie |
Ek bak gou ‘n sjokolade
koek in die mikrogolf oond en ons eet sjokolade koek en koffie voor ontbyt. Ons
pak op en vertrek na Maun waar ons in die Wimpy ‘n verjaarsdagontbyt gaan eet.
Daar loop ons mense raak van die Motorhome Club.
Die roete vandag is al teen die panhandle op tot by
Drotsky’s Cabins. Dis 380km en ‘n redelike vervelige pad. Vir afwisseling is
daar ‘n paar "vet fences". Ons word nêrens deursoek nie. By een plek word ons
camper gespuit en ek en Pieter moet oor die nat lappe stap met ons skoene. Dus
is ons goedkoop fillets nog veilig. Ons eet ook nog aan die biltong wat my
broer, van Wyk vir ons gegee het.
Die hutte van die plaaslike gemeenskap het verander, dis nou
nie net meer ronde hutte van pale en modder nie, maar plek-plek is daar
vierkantiges en almal het nou so ‘n
toespande voor jaart met riete . Die foto sal beter verduidelik wat ek
probeer sê. Maar al die diere (bokke, beeste, donkies en honde met ‘n klompie
hoenders tussen in) loop nog die wêreld vol. Ons sien nie veel tekens van
boerdery nie, moontlik omdat daar tans ‘n droogte is en dis winter, miskien
maak die somerreens ‘n verskil.
Ons sien in die verte die Tsodilo Hills, maar beplan nie om
die keer daar verby te gaan nie.
Teen 17h00 is ons by Drotsky’s dis’n pragtige plek teen die
Okavango Rivier. Ons staanplek no 9 is onder ‘n reuse Jakkalsbessieboom. Die
padjie na ons staanplek toe is nogal baie knap met baie takke en rankers wat
die pad versper.
Ons staanplek onder die Jakkalsbessie |
Vanaand eet ons die res van gisteraand se gaar fillet en
gaan slaap vroeg.
No comments:
Post a Comment