Ons word weer wakker met die geroep van visarende. Ons stap
van die kampeerplek tot by die lodge. Dit is regtig ‘n pragtige plek. Ons sien
jacanas, bontvisvangers, ‘n kuifkopvisvanger (malachite kingfisher) en
bosbokkies.
Pieter en die kinders maak oulike skaduwees |
Uitsig op die Okavangorivier by Drotski's Cabins |
Teen 10 uur is ons weer reisvaardig. Nou mik ons vir Ngepi Camp in
die Caprivi. Ek kon hulle nie per sel of Satfoon in die hande kry nie. So ons
vat maar pot luck.
Die Mohembo grenspos
met Namibia is so 25km van Drotsky’s af.
Dit neem ons so halfuur om deur albei grensposte te kom. Sodra jy deur
die grenspos is ry jy deur die Mahango Nasionale Park. Dis ‘n ou klein parkie,
maar die eerste diere wat ons sien is swartwitpense, rooihartbeeste en ‘n
olifant. Later sien ons ook ‘n hele paar keer koedoes en rooibokke.
Na ‘n bietjie kopkrap by Ngepi kry hulle vir ons ‘n
staanplek tussen die overlanders wat nog moet opdaag en ons bespreek vir 2
nagte. Ons bespreek ook sommer vir ‘n sunset cruise (P200 pp).
Terwyl ek die
blog update buite onder die boom, lê Pieter en die girls en kyk Crocodile
Dundee. Ek hoor hulle kort-kort lag.
Die sunset cruise was die moeite werd. Ons sien Waterploëers
(African skimmers), vaalstrandkiewiet, reuse visvanger en verskeie ander
watervoëls, maar die hoogtepunt was die witrugnagreier. Ons het nie een nie,
maar 3 verskillendes gesien. Sonder ons gids sou ons hulle definitief nie
gesien het nie. Hulle kruip so goed weg in die digte oewerplante.
No comments:
Post a Comment