Monday, July 1, 2013

Dag 7, Vrydag, 28 Junie 2013 - Ngepi Camp, Caprivi



Ngepi  is net ‘n klein entjie stroom op van waar 32 Bateljon was. Vandag gaan daar niks aan by 32 nie, vanaf die boot kon ons net bouvalle sien.

Ek en Pieter chill net vandag en sit rustig onder die boom langs die rivier, maar ons het ons beste "birdwatching" dag "ever". Op ‘n stadium kan ek skaars by hou met die skryf soos die "lifers" verby kom. Ons sien vir die eerste keer die volgende: gestreepte vleiloerie, goudwewer, oranjeborslaksman, moeraswaterfiskaal,  bosveldstompstert, geelborskleinjantjie, witkruiskatlagter, boskrappers en Bradfieldse neushoringvoels .
Beste birdwatching spot ever.... serious!
Dit is ook vandag Emke se 9de verjaarsdag. Sy en Engela sit ‘n entjie van ons af en speel met haar nuwe Barbie (wat ‘n diere versorger is en 3 hase het met al hulle toebehore). Dankie Ouma Emmie!

Ons ontmoet Rudi en Paulette van der Merwe van Viliersdorp. Hulle boer met appels. Hulle beveel N’kwasie Lodge buite Rundu. Ons mik môre daarheen.
Een van Ngepi se "claims to fame" is hulle Hippo and croc cage dive” floating swimming pool”. Emke was die dapperste van die dogtertjies. Nie oor die krokodille nie, maar oor die koue water!!! 

Oe, maar die water is koud!!
Emke, ons dapperste dogtertjie
Ons het Ngepi baie geniet veral hulle eienaardige ablusies en boomhuise. Ek het Pieter gesê as ons weer hierheen kom wil ek in een van hulle slaap – die boomhuis, nie die ablusies nie!!  Dis basies ‘n platvorm met ‘n lapa op waarop ‘n dubbelbed staan met ‘n muskietnet oor die bed en die wonderlikste uitsig oor die rivier. 

His and Hers toilette, moet asb nie die slot op die his toilet se seat mis nie!

Ek sal maklik nog ‘n paar dae hier kan bly, maar ons is ook haastig om verder te gaan en te kyk hoe lyk Rundu nou. Ek was van std 1 tot std 3 daar op skool.

No comments:

Post a Comment