Monday, July 1, 2013

Dag 8, Saterdag 29 Junie 2013, N’kwasi Lodge, nr Rundu



Ons besluit om eers dorp toe te gaan vir aankope en dan kampplek toe. Die omgewing lyk bekend - die bome, die wit sand en die hutte, maar op die dorp lyk niks bekend nie.
Die B8 na Rundu vanaf Bagani

 Die hoofstraat Eugene Kakukuru is dubbelbane en geteer, dis is nog nie ‘n verkeerslig nie – ek dink dis dalk tyd vir een. Die strate is besig, dis die einde van die maand en dan is daar nog iewers ‘n begrafnis. ‘n Stoet karre kom by ons verby. 
Rundu se hoofstraat


Engela het vandag in die ry weer ‘n tand gewissel en is bekommerd oor watse geld die muis sal bring, Pulas of Dollars, want hulle dink nie die muis sal al die pad van Suid Afrika af kom met Rande nie.
Pieter parkeer op ‘n stil plekkie, ek en Engela gaan doen die aankope. Op die lys is natuurlik ‘n simkaart en airtime vir Namibia. Ons het al vir ‘n paar dae nie meer internet  nie. Ek tik nog elke dag of wat aan die blog en re-size die foto’s sodat die proses vinnger kan wees waneer ons weer op die lug is.
Ons loer in by Shoprite, maar besluit toe om Spar toe te gaan. Dit lyk nie soos ons Spar nie. Die logo is darem dieselfde. Ek kry my self nie so ver om vleis te koop nie. Ek dink die dik stukke goudgeel vet sit my elke keer af. Gelukkig het ons nog I&J vis en fillet.

By die vulstasie net buite die dorp sien ek weer ‘n slaghuis en koop toe t-bones en boerewors. Sal dit vanaand uitprobeer. Die pad na N’kwasi toe is nie wat wonders nie – dis ook die pad na Vungu-vungu. (Daar was altyd ‘n melkery.) Dis die breedste grondpad wat ons nog gesien het, maklik 4 bane wyd. Om die sinkplaat gedeeltes te vermy ry almal al meer aan die kant en so word die pad wyer.
N’kwasi lodge lyk heel OK, soos al die ander plekke is dit ook op die rivier, daar is ‘n swembad en tot die girls se vreugde 3 perde in die tuin. Ongelukkig bied hulle nie perdryritte aan nie, maar die girls vryf en vertroetel die een  makperd ( Goodman, ek dink) die res van die dag.

Die T-bones was toe heerlik, seker 3cm dik met ‘n smal lagie spierwit vet. Die boerewors braai ons vir ontbyt môre-oggend. Die een T-bone is genoeg vir die 4 van ons en die ander een bêre ons vir middagete op pad.
Die tandemuis van Namibia het ND20 gebring

No comments:

Post a Comment