

Goeie nuus!!! Uiteindelik!!! Pieter het so pas gery om die sateliet telefoon te gaan haal. Môre vertrek ons uiteindelik. Die paar ekstra dae by die huis was eintlik wonderlik, ons kon rustig en in vrede klaar pak en 'n paar onbeplande take afhandel. Pieter het selfs nog 'n paar takke gister-oggend afgesaag. Die tandemuis het ook weer 'n draai kom gooi en Emke is baie tevrede met die papiergeld wat die muis gelos het.
Die lente is definitief in ons tuin, die clivias blom, oral is nuwe blaartjies besig om uit te kom. Ek gaan die lente in my tuin mis, maar sien baie daarna uit om die lente op al die ander plekke te sien.
No comments:
Post a Comment