Tuesday, July 27, 2010


Dinsdag, 27 Julie 2010

Ons is pas terug van 'n heerlike langnaweek op Elandskloof Forel plaas, naby Dullstroom. Ons het die geleentheid gebruik om die nuwe stort in die camper uit te toets en alles werk 100%.

Die tyd word min en die lysies van dinge om te doen word al hoe langer, ek en die kinders gaan vanmiddag Travel Clinic toe om te hoor of ons nog enige inspuitings moet kry. Volgende week moet ek aansoek doen vir die visums vir Tanzaniƫ, die Carnet de Passage en die COMESA Yellow Card 3de party versekering.