Sunday, September 26, 2010

Dag 28, Big 5 lodge, Selous (Woensdag)






Ons program vir die dag is ‘n voldag wildrit in die Selous Game Reserve saam met ‘n motorbestuurder en ‘n gids, weer Patrick wat ons gister ook gehad het. Die Selous is omtrent 45 000km₂ groot, maar net die gedeelte tussen die Great Ruaha en Rufiji riviere is oop vir toeriste, wat hoofsaaklik in vlieg na die lodges in die park. Die res van die park is in jagkonsessies verdeel en van wat ons gehoor het word dit alles baie goed bedryf.
Jou eerste aanduiding dat jy in die park is, is die hoofingang, nerens was enige grensdrade te sien nie. Jy arriveer by die hoofingang, daar is ‘n mooigrasdak, met beamptes agter die toonbank, en wel, dis dit. Geen winkeltjie, curioshop met vlaggies en poskaarte, niks nie. Daar is darem ablusies, maar dis ook omtrent ‘n hele storie. Net oosters, maw ‘n gat waaroor jy hurk. Daar staan gewoonlik nog ‘n emmer water nie te vêr vandaar nie. Ek en die girls kon nog nie so lekker uit figure hoe dit veronderstel is om te werk nie. Maar, ons hurk maar, en gebruik die water om ons hande te was oor die gat in die grond. Sal op ‘n stadium ‘n foto neem en post. Dis nog iets wat ek moet google, squatting for dummies of so iets.
Terwyl ons wag dat Patrick die beamptes oortuig dat ons het ‘n tweeling van 4.5 jaar het, tel ons peule op. (Orals word ons gevra of hulle ‘n tweeling is, selfs al het hulle nie dieselfde klere aan nie.) Die toegang is 50USD per person per 24 uur. Kinders onder 6 betaal nie en die onder 12 half prys. Die een peul is volgens Patrick die van ‘n Luckpod Mahogany. Dis glo baie gewild onder die Suid-Afrikaners wat daar kom jag as gelukbringer. Ons tel toe omtrent 5 sade op en hoop maar dit sal lucky vir ons ook wees.
Ons sien heelwat onbekende bome oa ‘n Crocodile bark tree en ‘n kremartart boom wat blom, sade aan het en ‘n bruin papegaai in het. Die Umbrella Trees is vir my baie mooi en glo baie gewild by die olifante en kameelperde. Ons besoek die gedeelte van die park langs die Rufiji rivier. Daar is 5 mere wat met mekaar verbind word deur die Rufiji rivier. Weereens sien ons heelwat watervoëls en die gewone wildtuindiere, olifante, kameelperde, wildebeeste, sebras, koedoes, waterbokke (die soort met die wit ringe), rooibokke en vlakvarke. Die hoogtepunte vir ons was die 12 elande, waaronder ‘n pragtige bul en 2 leeus. Die leeus was baie naby (‘n mannetjie en ‘n wyfie) en het net in mekaar belanggestel. Hulle het kort-kort gepaar. Die kameelperde staan glo bekend as Kilimanjaro Giraffes, omdat hulle op hulle voorkoppe sulke knoppe het. Op 'n kopbeen by die hek was net een, maar soos hulle ouer raak word dit meer en ons het een gesien met omtrent 5 knoppe.
Hierdie safari is ‘n wonderlike geleentheid om ongewone voëls te sien. Van die voëls wat uitstaan was die: African Skimmer, Spurwinged lapwing, Von der Decksen’s hornbill, crowned hornbill en Trumpeter hornbill.
Ons hou piekniek in die park. Die kos is ingesluit in die pakket. Jy kies basies ‘n boom wat lekker lyk en stop en klim uit. Ons het onder ‘n Tamarind boom gestop. Gou, gou het die bestuurder en gids die stoele uitgehaal en ons kos bedien. Heerlike groente pasteitjie, gekookte eier, piesangs, aartappelslaai en water. Die kinders het met’n been van ‘n kameelperd gespeel en Engela was baie teleurgesteld toe haar Pa sê die ding kom nie saam nie. Daar is geen piekniek fasiliteite nie, as jy ‘n draai wil loop, moet jy ‘n boom kies. Ek is net die heeltyd bekommerd dat ‘n leeu vir ons lê en loer.
Laat middag was ons weer terug by die kamp en baie tevrede met die dag. ‘n Voldag is bietjie lank vir die kinders, maar niks wat ‘n DVD en snacks nie kan uitsorteer nie. Gelukkig slaap hulle ook in die kar.

Dag 27 Big 5 lodge, Selous (Dinsdag)





Vandag is die dag van ons Selous uitstappie, ons vervoer het optyd opgedaag en gou-gou is ons op pad. Ons stop by ‘n mark waar Michael nog vrugte en groente koop. Die eerste paar ure ry ons op ‘n teerpad wat volgens Tanzania se standaarde redelik goed is. Gelukkig is die pad nie so besig nie. Nadat ons vir koeldrank en ek vir koffie gestop het is ons verder. Die koffie was nogal ongewoon. Die water is saam met gemmer gekook en gee vir my nogal ‘n lekker smaak, Pieter het maak gehou by Coke.
Nou is dit grond pad verder. Die totale afstand is 260km en dit neem 6 ure om af te le. Wat seker ‘n goeie aanduiding gee van hoe sleg die pad is. Die 6 ure sluit die stoppe in vir die vrugte en koffie. Nadat ons die teerpad verlaat het, ry ons deur 5 klein dorpies, die grootste een het 4000 inwoners en daar gaan regtig niks aan nie. Die sandgrond is baie arm en geen gewasse kan geplant word nie. Daar word wel op die vloedvlaktes mielies geplant, maar iemand moet die mielies oppas anders eet die seekoeie alles in die nag. Hulle kan ook nie bakstene maak soos baie ander dorpies nie. Al wat ons wel sien is Cashew-neutbome en mangobome wat lank gelede daar opgekom het toe dit nog op die arabiere se roetes was. Geen beeste word aangehou agv van die tsetsevliee wat slaapsiekte veroorsaak nie.
Dis nogal mooi by Big 5 Lodge, ons kyk uit oor die Rufiji rivier. Nadat ons gehoor het wat ons mag en nie mag doen nie, het ons ‘n bietjie gaan rus voor ons 4 uur die middag op ‘n rivierrit gegaan het. Patrick is ons gids en help baie om die watervoels te identifiseer. Ons het so 25 verskillende voels gesien in die 2.5 ure wat ons op die water was. Natuurlik seekoeie en krokodille ook.

Dag 26, Mikadi beach, Dar Es Salaam (Maandag)




Ons het besluit om nie met ons voertuig Selous toe te gaan nie. Ons gaan op ‘n alles ingeslote 2 nagte, 3 dae uitstappie, dit sluit die vervoer van Dar Es Salaam na Selous, akkomodasie, kos, wildrit in Selous, bootrit op Rufiji rivier en ‘n natuurstaptog. Ons vertrek more-oggend om 7uur saam met Michael die eienaar en ‘n motorbestuurder na sy lodge, the Big 5 Lodge, Selous.
Ek wil graag ‘n bietjie van Dar Es Salaam se duitse argitekteur sien en ons bestel ‘n tuk-tuk om ons dorp toe te neem. “n Tuk-tuk is ‘n driewiel motorfiets wat pasasiers vervoer. Ons 4 pas gelukkig (redelik knus) agterin. Ons is nie seker hoe veilig downtown Dar Es Salaam is nie en reel dat die tuk-tuk ons oral neem waar ons wil gaan en sommer wag. Ons gaan kyk na die Lutherse kerk en die St Josephs Katedraal. Elke keer wat ons Dar es salaam toe wil gaan moet ons eers oor die ferry. Die ferry kos Ts 1000 as ons met ‘n taxi of tuk-tuk gaan. Met ons trok is dit heelwat duurder. Twee ure later is ons weer terug by Mikadi beach.
Toe ons in die donker by Mikadi aan kom was ons verbaas om ‘n motorhome daar te sien. Ons neem toe aan dis seker locals tot ons die Kaapse regsitrasie nommers sien. Dit is toe Tony en Marjo de la Fonteine van Gordonsbaai. Hulle behoort ook aan die Motorwoonwaklub van SA. Hulle is met hulle Discoverer 4 al die pad opgewees tot by Egipte. Hulle sleep ‘n Suzuki 4x4 karretjie saam vir waneer die pad regtig baie sleg is, dan los hulle die motorhome op ‘n plek.

Saturday, September 25, 2010

Dag 25, Mikadi Beach Camp, Dar Es Salaam (Sondag)




Uiteindelik kon ons in daglig sien hoe lyk die plek waar ons kamp. Gisteraand het ons basies net die trok parkeer en gehoop vir die beste. Dit lyk heel goed. Ons is weer feitlik op die strand tot die girls se vreugde en Pieter se sorge (al die sand maak hom klaar, veral in die camper).
Ons beplan om vandag ons voorrade aan te vul en beplanning te doen vir ons besoek aan Selous.
Sedert ek laas geskryf het was ons met ‘n taxi Slipway Shopping Centre toe, het inkopies gedoen en middagete daar geeet voordat ons taxi ons weer na 2 ure opgelaai het. Pieter het op pad terug borsels gekoop wat hy op ‘n plank wil vassit sodat ons, ons voete daarop kan afvee VOOR ons in die camper klim. Terwyl ons in die taxi gewag het vir die ferry, het daar 'n bedelaar-seuntjie vir die kinders geloer. Die vensters was getint, so hy het sy hande bak voor sy gesig gehou om in te kan sien. Ek dink nie hy het die 2 dogtertjies aan die binnekant verwag wat toe presies dieselfde gedoen het nie.
Hier is baie bome en ons dink nie dit gaan maklik wees om die skottel opgesit te kry vir die internet nie. Ons sal more kyk of ons dalk in die stad ‘n internet kafee kan raakloop.
Ons gaan Dinsdag vertrek op ‘n 3 dag, 2 nagte ekskursie na Selous Park. Nadat ons, ons sommetjies gemaak het, het ons gesien ons sal nie veel spaar deur self af tery soontoe nie en het besluit om op ‘n all inclusive trip van Dar Es Salaam te gaan.
Pieter sal baie bly wees om die sand van Mikadi Beach van sy voete af te skud – LETTERLIK!!!! Die plek maak hom klaar. Hy hou nie van die see nie, hy hou nie van die swembad wat met seewater gevul is nie en hy hou ook nie van die storte wat ook net seewater oor jou uitstort nie. Ons varswater is nou so kosbaar, dat ons dit net vir kook en drinkwater gebruik. Ons klere en skottelgoed word in seewater gewas. Dis nogal vreemd as jy jou eerste sluk koffie wil neem, kry jy eers die sout smaak op die koppie voor jy jou koffie proe. Ek verbeel my maar ek drink Margarithas. Ha, ek moes nooit die Tequila uit die camper gehaal het nie!!!

Dag 24, Iringa na Dar Es Salaam

Hierdie pad is ‘n nagmerrie. Elke dag dink jy vandag se pad is swak en dan verras die volgende dag jou. Maar eerlik waar, vandag sin was vir my senuwee tergend. Buiten vir die swak pad, is daar nie noodbane nie. Trokke wat breek (of omslaan) le net daar in die pad. Sodra jy takke in die pad sien, weet jy daar is ‘n trok of iets stukkend vorentoe. Ons is vandag weer verby baie wrakke langs die pad. Wat die hele situasie erger maak is die busse en die baie trokke op die pad. Die busse jaag werklik roekeloos. Ons is nou al 8 ure op die pad en die laaste ruk is die pad beter. Een ding waarvoor ons die Chinese voor dankbaar kan wees – dat hulle darem Afrika se paaie regmaak.
Pieter kan maar later ‘n update gee oor die pad, of ons kan dalk maar net die foto’s post. Ek sal my bepaal by die mooi goed wat ek gesien het. As die paaie nie so swak was nie, sou vandag ‘n uitsonderlike mooi roete gewees het.
Die gedeelte tussen Iringa en Morogoro was pragtig, eers het ons deur “Boabab Valley”tussen die Udzungwa berge gery. Nog nooit het ek soveel krematart bome gesien nie. Ek het heelwat foto’s van hulle geneem, maar later raak dit soos die jakarandas in Oktober. Ons is later oor die Groot Ruaha rivier oorgesteek, dis ‘n sytak van die Rufiji rivier wat deur die Selous Game Reserve vloei.
Ons was vandag 12 ure op die pad, die laaste 2 ure bumper to bumper in Dar Es Salam. Ons is almal flou van die moeg, veral Pieter. Dankie tog vir GPS met tracks for Africa, want hoe anders ons die ferry sou kry weet ek nie. Gelukkig is ferry nie meer so besig teen 8 uur in die aand nie. Die ferry neem so 5 minute en elke 15 minute is daar ‘n ferry. Mikadi Beach Camp is so 2 km van die ferry af.

Dag 23, Mbeya na Kisolanza Farm, Iringa




Ek was nogal jammer om die koffieplaas te verlaat. Sou baie graag nog langer wou voels kyk en op die plaas wou gaan stap. Tot my spyt het ek agtergekom my voel boek vir Afrika wat ek verlede jaar gekoop het, kort omtrent 30 bladsye. Die grootste gedeelte van die suikerbekkies. Die een wat ek gesien het, lyk nogal soos ‘n white bellied sunbird, maar sy bors is geel en hy’t ‘n blou skouervlek. Toe, Nellie en Herman, kyk of julle hom kan opspoor in julle boeke!
Ons reis vandag verder op die Tanzam Highway. Die Tanzam Highway is omtrent 1000 km lank en verbind Zambia met Dar Es Salaam in die suide van Tanzania, maar moenie dat die term highway julle onder ‘n wanindruk bring nie. Die enigste ooreenkoms is die hoeveelheid verkeer (80% daarvan is busse en trokke), pad is enkelbane in beide rigtings en die toestand is omtrent soos ons alternatiewe roetes!!!

Die natuurskoon: Asemrowend mooi, die toestand van die pad: Angswekkend!!!, die verligting waneer jy in een stuk by jou bestemming aankom: Priceless.

Ons was ongeveer 5 ure op pad en het so 2:30 by Kisolanza Farm aangekom. Dis so 50km voor Iringa en ook ‘n plek waar ek voorheen gekamp het. Hulle is heeltemal ingerig vir die overlanders en ander kampeerders. Daar is 2 kampeer tereine, een vir kleiner voertuie en een vir trokke. Kisolanza het seker die skoonste put toilette in die hele Afrika. Nie dat dit enige punte by Engela getel het nie, sy het geweier om dit te gebruik. Bang sy val in. Die enigste nadeel by Kisolanza is dat hulle nie kragpunte het nie. Hulle verkoop wel vleis en groente en ons het braaihout, rump steak, blomkool, brokkoli, wortels, tamaties en blaarslaai gekoop. Saam met die hele hoop aartappels wat ons langs die pad gekoop het was dit ‘n feesmaal. Die kampkoste was 5 USD per person en die kinders halfprys.
Daar word heelwat aartappels in die geweste geplant en orals langs die pad staan die sakke aartappels en wag vir die vragmotors wat dit na die markte moet vervoer. Dit word ook in kleiner maat aan reisigers verkoop. Ek dink Pieter het so 3000 TS betaal vir die aartappels, hy moes die streepsak ook koop. Die aartappels het rooi skille, maar het heel goed gesmaak in die aartappels slaai.

Dag 22, Malawi na Tanzania, Utengule Coffee Lodge





Ons vertrek alleen na Tanzania, die overland trokke besluit om nog ‘n dag oor te bly. Hoe verder noord ons ry hoe groener word dit, oral is piesang en mango bome te sien. Op ‘n stadium ry ons by ‘n rubberplantasie verby.Al die bome het so ‘n klein bakkie teen die stam wat die “rubbersap”opvang. Ek neem aan dit word op ‘n stadium leeg gemaak en dan verwerk.
Ons eerste redelike groot dorp, na ‘n vinnige en maklike grens kruising, is Tukuyu. Gelukkig kry ons diesel by die BP garage en die bank is om die draai van die garage. Pieter gaan trek eerste en daarna is dit my beurt. Waar ons R1 = 20 Malawian Kwatchas gekry het, kry ons nou R1 = 212 Tanzanian Shillings. Ons kon albei 400 000 TS trek, moet nog uitwerk hoeveel dit is.Seker omtrent R2000.
In die berge rondom Tukuyu is heelwat teeplantasies, ons sien ook koffieboompies. Dit is ook opmerklik dat hier ‘n wyer verskeidenheid v rugte bome is. Nou sien ons ook koejawels, advokadoes, koemkwarte en vrugtebome met pienk bloeisels. Suikerriet is oral te sien sedert Zambia. Ons het al gestop en vir die kinders gekoop.
Ons besluit om te kyk of ons by Utengule Coffee Lodge kampplek kan kry. Ons het nog iets nuuts geleer, moenie jouself beperk deur net te kyk na die budget en shoestring akkomodasie in die reisgids nie. Baie keer bied die upmarket akkomodasie ook kampering aan en dan kry jy baie keer vir dieselfde prys baie beter fasiliteite. Dit was weer bewys by Utengule Coffee Lodge, dit kos tussen 75 en 160 USD om daar te bly, bietjie buite ons prys klas, maar kampering 10 USD per person. Emke half prys en Engela gratis. Die Lodge is op ‘n 500 akker koffielandgoed en het die volgende fasiliteite ( OK die meeste wasted on us, maar dit was daar) swembad – jippee, tennisbaan – wasted, muurbalbaan – wasted, mini-golf – wasted, pool table –wasted, helipad – not wasted!!! Dis die eerste keer wat ons op ‘n helipad kon kamp. Gelukkig het niemand met ‘n helicopter kom kuier nie. Die restaurant is glo die beste in die omgewing, was ook nie wasted nie, ons het heerlike skaaptjops daar geeet.
Ons het verwag waneer ons eers in Tanzania is, dat ons minder Suid- Afrikaners sal raakloop. Toe nie, by die tafel langs ons het Suid-Afrikaners geeet (wat die Lodge kon bekostig) en later het nog ‘n camper van Gauteng met 3 mense ons helipad kom deel.

Dag 21, Chitimba Beach Camp, Malawi




Drie van die overlandtrokke is ook besig om noord te ry en ons sal hulle nog ‘n paar keer langs die pad raakloop. Vanoggend toe ek met hulle gesels, (al 3 het suid-afrikaanse trokbestuurders wat nogal Afrikaans praat), wou hulle jumper kabels leen. Hulle het standard kabels, maar die is te kort. Pieter was die hero toe hy sy 5m jumper kabels daar uithaal.
Om een of ander rede dink ‘n mens dat Malawi met die meer saam nogal plat is, dis glad nie die geval nie. Ons het nou al ‘n hele paar bergpasse gery, net om kort-kort daaronder in die verte die meer te sien.
Op Mzuzu stop ons weer vir kruideniersware, moontlik vleis en hopelik diesel. Waneer daar ‘n ry trokke by ‘n garage staan en hulle drywers is nerens in sig nie, is daar gewoonlik ook niks diesel in sig nie. Wat toe ook nogal in Mzuzu die geval is. Danie, die een overland trokbestuurder, se toe ons behoort reg te kom in Tanzania net oor die grens.
Ons kamp vanaand by Chitimba Beach Camp vir die laaste keer in Malawi voordat ons more die grens oorsteek Tanzania toe. Ek het ook so 12 jaar gelede met my overland trip hier oorgeslaap vir ‘n paar dae. Al weer koue water storte. Ons het darem ‘n kragpunt, maar die enigste kraan op die perseel is vrek ver van ons trok en dus wil ons die water wat ons het spaar en nie uit-stort nie. ons kamp ondre 'n reuse worsboom. Ek is nogal bekommerd een van die worse val op iemand.

Nadat ons weer gedaal het tot by die meer wat 700m bo seevlak is, het ons by Chitima Beach Camp ingedraai.

Dag 19 en 20, Kande Beach, Malawi



Die raserige overlanders is weg en die res van die overland trokke is redelik stil (daar is op die oomblik 5) . Ons sien hulle eintlik net etenstye waneer hulle by die trokke is, die res van die tyd le hulle in die hangmatte of op die strand.
Een van die instellings by Kande Beach is Kande Horse wat naby is. Daar is perdryritte van 2 of 3 uur wat met ‘n swem in die meer eindig. Emke en Engela was baie beindruk met die perde wat in die meer swem. Hulle kan ongelukkig nog nie perdry nie en swem ook nie goed genoeg nie, miskien oor ‘n paar jaar. Ons neem hulle in elk geval vir ‘n 45 min rit deur die bos by Kande Horse. Engela ry op Diamond en Emke op Mini Mouse. Die perde word gelei en ek en Pieter drentel agterna. Uiteindelik kon ons die boom identifiseer wat ons nog altyd ontwyk. Dis ‘n Gmelina Arborea (soms net Melina Tree), dit kom glo uit India en het klein geel blommetjies. Dit groei vinnig en word goed benut. Ons het die bome in die eerste keer in Zambia opgemerk. Daar is soveel bome wat regtig pragtig is wat ons net nie kan identifiseer nie.
Ons loop ook verby Casava lande, dit groei glo maklik, is droogte bestand, lyk vir my nogal soos rubberbome. Die wortels wat soos patats lyk word gebruik. Dit is glo omtrent ‘n proses wat gevolg word voor dit geskik vir gebruik is - dit word gekook en in die son gedroog, dan gemaal en weer in die son. Wil nog ‘meer hieroor google.
Iewers langs die pad het ons agter geraak met wasgoed was en dit le nou letterlik soos ‘n berg voor ons. Ha, maar gelukkig bied die plaaslike village ‘n klerewasdiens. Die vrouens van die dorpie wag by die hek vir die bondels klere om te was. Nadat ek en die vrou ooreengekom het oor die prys, 2000 MKW (omtrent R100), is sy daar weg met al die wasgoed en seep om dit in die meer te was. Ek was vir so 10 minute baie gelukkig en tevrede, voor ek toe begin worry, se nou net sy bring nie ons klere terug nie. Ek weet nie eers wat haar naam is nie. Wel, gelukkig het sy ons klere pragtig skoon ‘n paar ure later teruggebring. Ek het gese sy kan dit nat terug bring, ons het ‘n wasgoedlyn en sal dit self ophang. Pieter het net ‘n bietjie gekla oor al die sand in sy broeke se sakke. Wel, dis seker wat jy kry as jy in mere jou klere laat was.
Dit is glo ‘n instelling by die overlandtrokke om ‘n vark op die spit te braai waneer hulle by Kande staan. Met ons laaste dag daar is daar seker 3 varke by ons camper verby. Die kinders was gefassineerd. Hoekom dra hulle die varke op stokke? Dit is seker nie ‘n regte varkie nie, sy stertjie krul dan nie? Hoekom het hy ‘n appel in sy mond? Die vrae was eindeloos…. Nog nooit was ‘n vark op die spit soveel keer geinspekteer nie.
More-oggend vertrek ons verder noord tot by Chitimba.

Monday, September 13, 2010

Dag 18 Kande Beach, Malawi





Ons is voorspoedig uit Lilongwe uit en het weer in die rigting van Salima gery voordat ons noord gedraai het. Ons volg weer die kuspad. Op ‘n stadium kom ons by so ‘n dodgy hout brug aan – ek skree vir Pieter om te stop, miskien hoor hy my nie, want hy ry oor. Ek knyp my oe toe, want hier val ons in die water!!!! Aan die ander kant stop hy, ek vra toe hoe weet jy die brug sou ons kon dra…..? Pieter: “Want die bordjies het gese 30ton.” Obviously het ek nie die bordjie gesien nie.
Nou is ons oppad na Kande Beach wat tussen Nkotakota en Nkata Bay is. Dit is ook ‘n backpackers resort en ons tref toe 3 overland trokke hier aan. Die een wat ons by Mabuya Camp in Lilongwe gekry het, ook. Ons het 3 vereistes vir kampering, koelte, kragpunt (veral as ons langer as een nag staan) en skoon ablusies. Hier het ons al 3 gekry behalwe geen warm storte agv ‘n kragonderbreking. Ons het vir die kinders die badjie in die camper se stort gesit, sodat hulle darem ‘n warm bad het en ek en Pieter het die koue storte aangedurf.
Ons was nogal moeg en het vroeg in die bed geklim. So 12 uur het ek wakker geword met Pieter wat nie tot rus kan kom nie. Hy kry warm en die krag het aan gekom, maar nou het van die jong, dronk, swetsende overlanders weer basketball begin speel. Die ring/mandjie hang aan ‘n boom baie naby aan ons camper en met ons venters wat oop is, met die hitte hoor ons elke woord. So af en toe tref die bal die camper ook. Pieter is toe op ‘n stadium na buite en toe het die basketball gelukkig tot ‘n einde gekom. Ek dink Pieter het gese: ‘’ íf you wake them, you take them!!!”’

Dag 17, Venice Beach na Lilongwe





Ons het uiteindelik vir Robert in die hande gekry, hy was nog by die grenspos en het gese hy behoort na middagete by Kalikuti Hotel in Biwi Triangle te wees. Ons se toe dis goed sien hom dan. Die enigste probleem is ons kry nie die plek op Tracks for Africa nie, maar om ‘n lang storie kort te maak, ons het die plek gekry. Soos in die ou dae, gevra, bietjie op en af gery. Ons was regtig baie verlig, toe ons by die Linking Africa bus depot aankom en ons band staan daar tussen die ander bagasie – gelukkig die regte groote en alles. Giovanni ken iemand en die het gereel dat die band met die bus kom. Die bus was veronderstel om Donderdag aand in Lilongwe te wees, maar die het ‘n ongeluk in Mozambique gehad en die sleepwaentjie is afgeskryf. Toe moes hulle een huur in Mozambique voor hulle kon verder ry.
Vanoggend vroeg het ons op die strand gaan stap. Dit is nogal vreemd, die groot massa water laat jou aan die see dink, maar die klein golfies, die ma-makou met haar kleintjies en die vrouens wat klere was se jy is in Malawi.
Toe ons aan die einde van die strandjie kom besluit ons om deur die village terug te stap. Baie gou van ons omring deur ‘n skare jillende opgewonde kindertjies. Hulle het deur die dorpie saam met ons gestap en probeer praatjies maak. Maar die meeste van die tyd gegiggel en gelag.
Wat vanoggend se ervaring baie uniek gemaak het is die feit dat niemand ons vir enige iets gevra het nie. Niemand het ook iets aan ons probeer verkoop nie. Glo my dis baie ongewoon in Afrika!! Ek dink wat daartoe bygedra het was die feit dat daar nog baie min lodges en toeriste in die omgewing is.
Noudat ons weet ons band is daar, het ons vinnig gepak om in die pad te val Lilongwe toe. Ons was nie ver by die hek uit toe ‘n groep mans ons voorkeer nie. Hulle trok sit vas in die sand en kan ons hulle asb uitsleep. Pieter se toe: Haak maar aan. Vinnig-vinnig is hulle uit die sand. Die skare juig en ons is weer op pad. ‘n Klomp van die klein seuntjies klou soos apies aan die agterste bumper en ry ‘n ent op die grondpadjie saam.
Wonder bo wonder gaan alles goed met die band. En ons volgende mission om diesel en geld te kry. Daar is ‘n diesel te kort in Malawi en dis maklik om te sien watter garages het diesel – die met die ry karre en trokke wat om die blok staan!!!!!
Ons val toe in die ry by die eerste garage (een met ‘n ry om die blok!!!) Gelukkig is daar 2 pompe en 1.5 uur later het ons darem weer diesel. Terwyl Pieter en die kinders in die ry gewag het, het ek gou so 3 blokke ver gestap tot by die kitsbank om geld te trek. Jy kan net 20 000 MKW (R1 000) op ‘n slag trek. Gewoonlik met R500 MKW note. Nou dis nie genoeg om veel diesel in te gooi nie, dan trek ons gewoonlik nog ‘n keer. Ek het dus 40 000MKW getrek, maar nou is die probleem ek het net met die beursie geloop maar nou het ek 80 banknote in my beursie wat nie wil toe as ek dit dubbelvou nie, nog minder in my broeksak wil pas. Ek het vir ‘n oomblik oorweeg om ‘n bietjie in my bra te bere, maar het besluit dit sal dan soos ‘n “boob job gone bad” lyk en die hele spulletjie met moeite in my broeksak gekry. Net more, by die volgende mark koop ek ‘n lap sak vir geld trek doeleindes.

Dag 16, Venice Beach, Monkey Bay





Vanoggend het ons vinnig by Shoperite ingegaan voor ons vertrek het. Dit was duur. Die meeste van die produkte was ten minste dubbeld die SA prys. Ek het onder andere Granny Smith appels gekoop vir 700MK, wat omtrent R35 is. Ek weet in SA is dit so R15. Ek het darem aarbeie vir goedkoop op die straat gekoop – 350MK (so R17.50) vir ‘n halwe checkers sak.
In plaas van noord het ons toe suid gery. Ons band het nog nie gearriveer nie en ons wou by die meer uitkom en by Toys R Us, naby Monkey Bay. Die omgewing is uniek, dit lyk soos geen plek in SA nie. Daar is opvallend baie kremetartbome. Die pad was goed, ons het die kuspad in die rigting van Salima geneem voordat ons toe afgedraai het om verder suid te ry. So 10km voor Monkey Bay is die bekende Toys R Us. Hulle maak hout Land Rovers, ens. Ons tyd is ‘n bietjie beperk anders het ons ‘n camper laat maak. Ons is daar weg met ‘n landy vir Pieter en ‘n beatle vir elkeen van die girls.
Ons eerste aand by die meer slaap ons by Venice Beach – ek giggel nogal oor die naam. Ons band behoort vanaand in Lilongwe aan te kom, more oggend sal ons skakel om te bevestig of dit wel gebeur het. Dit sal bepaal of ons hier vir die naweek bly en of ons more weer Lilongwe toe gaan.

Thursday, September 9, 2010

Dag 14 en 15, Sanctuary Lodge, Lilongwe – Malawi






Die grens met Malawi is baie naby aan Chipata, omtrent 35km. Die grensposte was nie besig nie en daar was geen probleme nie. Dankie tog. Lilongwe is so 180km van die grenspos af en die pad is goed. In Pieter se terme ook. Malawi het die vetste boerbokke wat ek nog gesien het. Hoekom weet ek nie. Hulle kan onmoontlik almal dragtig wees. Sover lyk dit of Malawi darem verder ontwikkel is en meer welvarend is as die oostelike deel van Zambia. Diesel is goedkoper maar die meeste ander kruideniersware is duurder.
Ons het voorlopig by The Sanctuary Lodge begin kamp terwyl ons wag om te hoor waneer ons band arriveer. ‘n Klient/Kollega, Giovanni doen uitvoere na Afrika en hy het vir ons die band aangestuurTerwyl ek inteken by ontvangs het daar ‘n spannetjie van die Lodge al besef van hulle bome is te laag vir ons trok en baie entoesiasties begin bome afkap. Ons was nogal sprakeloos oor hulle entoesiasme. Op die ou end het ons die 3 van hulle elkeen USD 5 gegee vir hulle moeite.
Ons voel heel veilig in die kamp, hier is 24 uur wagte aan diens. Snags loop hulle met 303’s hier rond. Vandag terwyl ek en die kinders gerus het, het Pieter die ape bietjie verwilder met die kettie. ‘n Beampte van die Lodge het vir hom kom se hy mag nie jag nie!!!! .
Die kamp is heel OK, was dit nie vir die vreemde geluide nie, sou ons dink ons is in die bos. Langs ons is Lilongwe Wildlife Centre. Hier word diere gerehabiliteer om weer vrygelaat te word in die natuur. Saans waneer die moslems geroep word om Moskee toe te kom, is daar ‘n hyena wat ook ‘n keel begin opsit. Met die LWC en die moskee langs mekaar is dit cool om te hoor die hyena het so 20dB wins meer as die amp in die moskee. Saam met die kar wat se alarm aanmekaar afgaan is dit omtrent ‘n kabaal!!!
Dis heelwat koeler hier in Lilongwe as in Chipata. Ons kon die kragprop in die ablusie gebruik en was maar skepties of dit kwaliteit krag sou hê. Bo verwagting is daar heeldag 220V en is daar ‘n 40A stroombreker . (Nou dat ons amper nie eers die aircon nodig het nie!)
Sodra ons nou weet wat die storie met die band is beplan ons om noordwaards teen die meer op te ry. Die beplanning is om in die omgewing van Kande Beach te kamp.

Dag 13, Mama Rulas, Chipata

Ons kamp 2 nagte hier by Mama Rulas voor ons Woensdag Malawi toe vertrek. Dit is ‘n lieflike kampeer terein. Baie groot bome en gras en die swembad is ‘n wenner met die kinders al is die water vrek koud. Ons het net-nou brood gebak aangesien die een wat ek gister gekoop het gemuf was. Toe ek vir Pieter vra of die brood gaar is, se hy ja … hy het ‘n skroewedraaier ingedruk en die het skoon uitgekom!! Skroewedraaier se ek vir jou.
In Malawi beplan ons om weer ‘n paar dae op een plek te staan en dan sal ons die skottel vir die internet weer posit. Op die stadium betaal ons sommer om Mama Rulas se internet te gebruik – USD 3 of Kwatchas 10 000 vir 15 min.
Hier is ‘n paar van ons beste en slegste ervarings so ver:
Beste wildkyk: Chobe rivier bootvaart

Handige goeters: Fever Tree kerse, Vanilla en Aloe geure.( Ek hou nie van die Berrie geur nie) en yssakkies. Van daardie wat jy vol water maak. Die water val nie uit nie, as hy leeg is gooi jy hom weg en geen bakleiery oor wie nie die ysbakkie volgemaak het nie. (‘n skroewedraaier)

Mooiste woorde: Wil jy my wasmasjien gebruik? (Jacomien Zwemstra) Dit was salig om ‘n paar bondels in ‘n wasmasjien te was. Op pad gooi ons die vuil klere in ‘n chloor emmer met water en seep en spoel net die klere weer uit waneer ons by die kamp kom voor ons dit ophang. Dit werk baie goed en die klere skud sommer skoon in die ry.

Lekkerste ete: Gisteraand se fillet en camembert kaas.

Slegste pad: Pad tussen Chipata en South Luangwa. Emke sê sy hou nie van ‘n skud-pad nie, sy kan nie eers eet of praat nie. Sy is die heeltyd bang ons ander bande blaas ook af of die camper val om.

Saturday, September 4, 2010

Dag 8, 9 en 10






Convenant College gee predikant, onderwys en boerdery opleiding. Die boerdery benadering is Farming God’s Way. Gebruik die talente wat jy het en moenie jou vasstaar teen wat jy nie het nie. Jy het miskien nie ‘n trekker en kunsmis nie, maar jy het die volgende talente, gawes en middele tot jou beskikking: Grond, sonskyn, water (1000 mm reen per jaar), tyd, krag (soos in fisiese krag). Al die werk op die plaas word met die hand gedoen, geskoffel, geplant en ge-oes. Daar word mielies, soja, katoen en grondboontjies geplant. Verskillende proewe word geplant sodat die plaaslike bevolking en studente kan sien watter effek, kompos, hoendermis, varkmis, ens het. Daar is ook varke, bokke, konyne en hoenders op die plaas. Die opbrengs van die plaas word gebruik om die mense te onderhou, bv die student wat in die koshuis bly.
Die College het ‘n hamermeul waarmee hulle , hulle eie mielies maal, die omliggende inwoners kan hulle mielies ook hier teen ‘n fooi maal. Sonneblomsade word ook gepers vir olie en die reste gebruik vir dierevoer en kompos.
Die kinders het vanoggend by die winkeltjie op die plaas elkeen 500 Kwatchas se lekkers gekoop, dis omtrent 90c.
In die groentetuin word heelwat gewasse geplant, kool, spinasie, boerekool (kale), uie, eiervrug, Chinese kool, kruie, chillies en tamaties in ‘n tonnel. Die college het ook ‘n paar jaar gelede koffie bome begin plant. Hierdie jaar het die oes 30kg geroosterde koffiebone opgelewer. Die koffie word ook met die hand geoes en in die son gedroog. Later word dit in ‘n tipe wok oor die vuur gerooster. Die surplus word deur die College verkoop.

Die college maak soos baie villages hulle eie bakstene. Die klei word gemeng en bakstene word met ‘n vorm gemaak. Die word dan in die son droog. Later word al die stene gestapel en met modder bedek, voordat dit geba kword. Al die geboue op die plaas college is met tuisgemaakte kleistene gebou.
Die college voel vir my eintlik soos “little Holland”, dis die meeste nederlands wat ek die jaar gehoor het. Mariane, is die nederlandse onderwyseres, wat betrokke is by die onderwys bediening. Sy besoek die skole in die omgewing en gee aan die onderwysers opleiding. Saterdae is sy ook betrokke met die katkisasie van die kinders uit die omgewing.
Cees en Miriam Molenar, is die ander sendingpaar, ook Nederlands met 4 kinders wat wissel van 1 tot 10 jaar. Die Molenar kinders het ‘n nederlandse onderwyser wat vir hulle skool gee. Heindrich en Jacomien Zwemstra het ook 3 kinders tussen 4 maande en 6 jaar.
Phil is van Engeland en betrokke by die Farming Gods Way bediening.

Friday, September 3, 2010

Dag 7, Monze na Petuake


Die landskap tussen Monze en Petauke is pragtig, baie bome. Ons herken die blompere wat vol in die blom staan, kiaatbome aan hulle sade en die hikboontjies wat oortrek is met rooi blommetjies. Ons steek die Kafue en die Luangwa riviere oor, albei is groot en vol.

Die bergpas is lieflik, maar die wrakke wat langs die pas le, vertel ‘n ander storie ook. Die pad is geteer, maar soos Pieter se ‘n sinkplaat teerpad! Daar is goeie stukke en ook heelwat potholes.

Vir die volgende paar dae staan ons oor by Convenant College, naby Petauke. Heindrich Zwemstra van die Gereformeerde Kerk, Vereeniging is hier ‘n sendeling.

Tot ons groot spyt het ons vandag ‘n band afgeskryf!!! R10 000 in die water. Ons was seker so 100m van Convenant College af, toe ‘n afgesaagde boomstomp aan die kant van die pad ‘n gat in die linkeragter band gesteek het. Die band is beyond repair!! Sodra ons weer op die lug is met die internet sal ons kyk wat ons opsies vir ‘n ander band is.
Pieter het intussentyd die afgeskryfde band aan Mariane, die Nederlandse onderwyseres geskenk.

Dag 6, Livingstone na Monze, Moorings Campsite

WoW, wat kan ek se oor die Victoria Watervalle. Ons het die Zambiese kant besoek, toegang vir volw. US20, Emke US10 en Engela gratis. Ons was net na 8:00 daar en het die plek vir amper die eerste uur vir ons self gehad. Emke en Engela was baie beindruk met al die reenboe. Ek en Pieter het hope fotos geneem.
Ek kon ongelukkig nog nie die ASCII codes op die notebook uit figure nie, so sorry, vir eers kort al die kappies en kolletjies op die klinkers.
Ons slaap vanaand by Moorings Campsite, net buite Monze. Dit is ‘n pragtige plaas met beeste, perde en varke. Elke staanplek het sy eie grasdaklapa met ‘n lig. Die krag is Zambia is nie te wat wonders nie en ons lugreeling word nie veel gebruik nie. Hulle het nie beurt krag nie, maar deelkrag. Hulle deel die beskikbare krag, maw almal het ligte, maar die krag is te swak vir wasmasjiene en mikrogolfoonde, en…. Lugreelings! Gelukkig is die hitte nie te erg nie, maar elke dag word dit warmer.

Dag 5, Kasane na Livingstone, via Kazangula Ferry

Ons het goeie raad gekry by van die overland trok drywers. Ry verby die ander trokke tot voor by die ferry. Kyk vir die man wat die “traffic direct” hy sal jou wys wanneer om op die ferry te ry. Ye right. Dis waar al die probleme toe begin. Op die ferry betaal ek in USD hy stop my toe ZKW200,000 in die hand en se ons sal later regmaak.

Anderkant is is dit ghaos – dis net mense en trokke. Ronel gaan met die papiere om by al die kantore stempels te kry. Die man se side kick “wys” haar waar om te gaan. Alles afgehandel en ons maak reg om te vertrek.
Toe sy in is en ek die deur toemaak staan daar drie manne agter my, een met ‘n AK47. Ok, no problem we are from the police. As iemand dit vir jou se in SA moes jy al begin hardloop het. I must come to the office. That man want’s to steal your money and we are here to protect you. In so bedompige klein kantoor moet ek gaan sit saam met die drie beamptes. Die een in beheer gaan op die heel stoel sit. Ek moet op die stukkende stoel sit. Die derde staan. Nou wag ons………..hulle het die “man” gaan haal……….wat hy doen is onwettig en hy word nou verdink dat hy my wou uitbuit. Hulle begin ‘n verklaring neem en uiteindelik kom hulle met die “man “daar aan. Nou is daar ‘n hewige woorde wisseling gedeeltlik in engels en die ander deel in hulle taal. Dit neem seker die beste deel van ‘n uur. Ek’s nou al moerig haastig en Ronel en die kinders wag in die camper in die son. Ek teken die verklaring en vra vir die beamptes wat nou. Want ry ek nou wag die “man”se tjommies anderkant die doeane gebied en sort my uit? Nee nee nee dit gaan nie gebeur nie – hulle gaan my escort om seker te maak ons is ok. Cool, laat ons gaan, die tyd loop.
Huller y agter ons aan en op ‘n stadium kom hulle verby en wys ons moet aftrek. Daars nou ‘n probleem - -F$k- ja, julle is nou besig om my tyd te mors. Nee die problem is dat hulle net die ZKW 200,000 wil he as bewys. …………………&%$K I don’t have it anymore. But we need………… I(my wife) used it to pay the carbon tax. That’s a big problem……. Nie so groot soos die een wat daar aangejaag kom nie. Dis die beampte van die weegbrug waar ek so pas verby gery het sonder om te gaan weeg. En die mannetjie is ongelukkig…. Die polisie verduidelik die hele situasie en se ek sal terug gaan om te gaan weeg. Nou kom die moeilike deel. As ek dan nou vir hulle (die polisie) R310 gee kan hulle ZKW 200,000 daar mee gaan koop en dit as bewys gebruik. Daar gaan R310…….
By die weeg brug is alles ok maar ek MOET by elke weegbrug in Zambia stop. Die boete, omdat ons onder polisie begeleiding verby is sonder om te weeg, is USD290. Ek begin baie mooi verduidelik dat ek nie weer sal vergeet nie ………. Hy laat my gaan.
Uiteindelik sonder begeleiding ry ons nou Livingstone toe. Maar………#$%^&* padblokade. Nou gaan die beampte deur al wat ‘n papier en dokument wat ons het. Where is your “cross border certificate”? “n wat? Nerens het ons gelees van so ‘n ding nie. Sorry you must have a cross border certificate. I don’t have one. Then you must pay the fine…..ZKW290,000 Ok, but I don’t have kwatchas. No problem it’s R450 Daar gaan R450…….
Die res van die dag spandeer ons toe rustig by waterfront camp site. Baie mooi en skoon net hulle bier is duur ZKW20,000 vir twee mozi lagers. Dis nog van die geld wat die “man”vir ons voor geskiet het by die grens. Die bier was darem koud………

Dag 4, Thebe River Safari Lodge

Vandag is ons bespreek om op die 06:00 game drive te gaan. Ons (ok, eintlik ek) is nogal bekommerd dat die kinders te woelig op ‘n 3 uur lange rit sal wees en die res van die passasiers sal pla. MAAR, ons het nou die trick agtergekom, ry in ‘n voertuig met ‘n nasie wat baie raserig is. Ons voertuig neem 25 mense en omtrent 15 was spanjaarde. Mensig, maar hulle kan praat – het soos ‘n klomp vinke in ‘n rietbos geklink. Needless to say, niemand het eers vir Engela hoor sing nie.
Ons het die eerste ruk langs die Choberivier gery en baie watervoels gesien, ook die puku. Lyk nogal soos ‘n dikkerige rooibok. Verder het ons ook olifante, kameelperde, koedoes en baie seekoeie gesien. Daar was ook ‘n luiperd, maar niemand kon hom eintlik sien nie, slegs die beweging van sy stert of ore waar hy agter ‘n stomp gele het.
Die hoogtepunt was egter die 4 swartwitpensbulle wat ons gesien het.
Die kinders het vanmiddag hulle nuwe reddingsbaadjies vir die eerste keer gebruik –soos in aantrek en nie soos in inval nie. Engela het vir ‘n afrikaanse paartjie op die boot vertel dat as sy inval, blaas sy net op die fluitjie en dan gooi iemand vir haar ‘n tjoepie en dan haal hulle haar uit die water uit.
Die boot kan baie naby aan die wild kom en dit lyk nie of dit wild veel deur die boot gepla word nie. Ons het baie naby aan ‘n klompie koedoe’s gekom wat water drink, so ook met die olifante. Daar was baie watervoels, ‘n klompie wat ek nog moet identifiseer, seekoeie, krokodille van alle grotes, likkewane en red lechwes.
Volgens on gids kry jy die puku’s op die vloedvlaktes en die lechwes op die eilandjies en gedeeltes onder water. Lechwes is meer in die water as die puku’s.
Ons almal het die bootvaart baie geniet en sal dit vir enige iemand aanbeveel. Die bootvaart was van 3 uur die middag tot sononder.