Sunday, August 29, 2010

Dag 3, Nata na Chobe

Stop vir diesel op Nata en kry ‘n verrassing, kos net P6.36 (R6.80). Die 1st 50km is die veld aan albei kante swart gebrand. Plek-plek smeul dit nog. Sien 2 olifante in die gebrande veld. Die pad tussen Nata en Kasane is besig om oorgebou te word. Ek sal Pieter vra om later ‘n opinie te gewen oor hoe swak of goed die pad is. Ek kry wel getik, terwyl ons ry.

Die omgewing herinner my aan iets tussen die noorde van die wildtuin en die Kavango, in Namibie. Vir kilometers is dit bome, gras en bosse en toe skielik naby Pandamatenga, groot sonneblom- en ander lande. Ek dink dit moet baie besonders wees op daarop aft e kom waneer dit blom.
Ons sien ook van tyd tot tyd kampe waar mense die dekgras “oes”, orals staan netjiese bondels gras. Lyk amper soos in Josef se droom.

By Kazungula Foot & Mouth Disease Control point het ‘n beampte aan boord gekom (kom jy aan boord van ‘n trok of net ‘n boot?) om ons diereprodukte te inspekteer. Hy het alles gelos, die kaas, eiers, yoghurt, viennas, bacon, hoender en vis. Ons het nie rooivleis gehad nie. Hoop wel om op Kasane ‘n lekker steak te koop vir vanaand se braai.

Ons kamp by Thebe River Safaris in Kasane. Het bespreek vir 2 nagte. Thebe bied ook wildritte en bootritte op die Chobe rivier aan. More gaan ons sommer albei doen, 05:45 die wildrit en 3 uur die middag die bootrit.

By die Spar op Kasane kry ons gou steak, brood en slaaigoed, en …… marinade vir ingeval die steak taai is.

Dag 2, Tomburke na Nata

Op Tom Burke by die Kooperasie gooi ons diesel in. Pieter en ‘n boer staan en gesels oor die camper terwyl hy wag om te betaal. Die boer vra hom uit oor waarheen ons gaan, ens. Pieter vertel hom toe ons het hier naby op Danie Drotskie se plaas gekamp. Die boer is baie verras, want hy is toe al die tyd Danie Drotskie se broer, Francois.

Net voor 9 uur was ons by die grenspos, alles was doodstil, daar was nie eers ‘n ry nie. Die invul van die vorm met al ons elektroniese toerusting se serialnommers het die langste gevat. Selfs aan Botswana se kant was dit net so stil. Die beamptes vriendelik en geen probleme.

Toe ek na die kwitansie kyk waarop al die kostes aangedui is, sien ek dat die kassiere die berekening gedoen het vir ‘n voertuig ligter as 3 500 kg (en dis definitief nie ons wa nie!). Ek besluit om maar weer in die ry te val, gelukkig is daar net 2 personer voor my, sodat dit reggestel kan word. Dit kan dalk net later vir ons probleme veroorsaak. ‘n Verdere 110 pula en ons gewig is reg. Ook net by die hek uit, is die eerste weegbrug.

Later het ons weer by ‘n weegbrug gestop, daar was ‘n redelike ry trokke, maar dit het darem gevorder. Ek klim toe uit om by die kantoortjie te hoor of ons veronderstel is om by elke weegbrug te stop. Weer in ‘n kort rytjie, die weegbrugdame se: “by each and every one”. Een van die truckers se toe, slegs as jy vragdra. So nou weet ons nogsteeds nie . Gelukkig het ons nog nie weer ‘n weegbrug gesien nie. Iets wat ons wel baie van sien is die veeartseny kontrole punte. Oral is ons deur gewuif. Ons het wel gehoor dat jy nie veel gestop word as jy van suid na noord ry soos ons nie, maar dis glo ‘n ander storie as jy van noord na suid ry.

Ons kamp vanaand by Nata Lodge, so 10 km voor Nata. Dit was ‘n lang dag, ons het eers 5 uur die middag by die kamp aangekom. Die kampering kos P62 per person, die kinders kamp verniet. Die kinders is bly om te kan rond hardloop en speel heerlik in die stof met die lalapalm se droe sade.

Kostes: Road permit P200, MV Insurance, valid 3 months P50, Road Fund, valid 31|12|2010, P20.

Dag 1, Pretoria na Tomburke




Ons is op pad! En het op tyd vertrek, al moes ek nog een keer terug hardloop, die alarm afsit en Vlekkie agter die spaarkamer se bed uithaal. Elkeen kry ‘n beurt om saam met Pieter voor te sit. Dit gee my ook die geleentheid om saam met die agtergeblewene ‘n bietjie skoolwerk te doen. Waneer die kinders na ete slaap, is dit darem my beurt om voor te sit.Ons het voorspoedig gery en het so 2 uur die middag op die plaas aangekom. Ons kamp vanaand op die plaas van Danie Drotskie, naby Tomburke.
Later toe dit ‘n bietjie koeler was, het ons die kilometer of wat na die Limpoporivier gestap.

Wednesday, August 25, 2010

Woensdag, 25 Augustus



Goeie nuus!!! Uiteindelik!!! Pieter het so pas gery om die sateliet telefoon te gaan haal. Môre vertrek ons uiteindelik. Die paar ekstra dae by die huis was eintlik wonderlik, ons kon rustig en in vrede klaar pak en 'n paar onbeplande take afhandel. Pieter het selfs nog 'n paar takke gister-oggend afgesaag. Die tandemuis het ook weer 'n draai kom gooi en Emke is baie tevrede met die papiergeld wat die muis gelos het.

Die lente is definitief in ons tuin, die clivias blom, oral is nuwe blaartjies besig om uit te kom. Ek gaan die lente in my tuin mis, maar sien baie daarna uit om die lente op al die ander plekke te sien.

Thursday, August 12, 2010

Vrydag, 13 Augustus



Dinge vorder goed. Die voertuig se dokumente is reg, ons het nou visums vir Tanzania. Ons wag nog vir ons sateliet telefoon en my Visa kaart - ons kan al amper in die pad val.

Pieter het 'n blok and tackle stelsel uitgewerk om die spaarwiele in en uit die camper te kry. Al die proeflopies het baie goed gewerk.

Thursday, August 5, 2010

5 Augustus 2010


Vandag het ons 'n redelike suksesvolle dag gehad in terme van take wat afgehandel is. Pieter het die camper vir sy eerste diens by MAN geneem en sommer al die nodige spaar onderdele wat ons wil saam neem gekry. Sy PDP (Professional Drivers Permit) by die Centurion toetsterein afgehaal en ook die Police Clearance vir die camper daar gedoen. Op die foto is Kobus van MAN besig om die camper te diens.

Ek het die Carnet de Passage (die in en uitvoer dokumente) vir die camper gereël asook die COMESA 3de party versekering. Die COMESA 3de party versekering is geldig vir Zambië, Malawi, Tanzanië en Zimbabwe. Ek het al die vorms ingevul vir ons visums vir Tanzania en hopelik kan ek dit môre indien.

Ek het 'n groot gedeelte van die dag gespandeer om ons reisplan vir Tanzanië uit te werk, in die stadium beplan ons om Ngorongoro, Lake Manyara NP en Lake Tarangire te besoek. Vandag het die Usumbara Mountains en Selous Game Reserve bygekom. Natuurlik sal ons 'n paar dae in Dar Es Salaam ook spandeer, lekker by die see.

Ons sal binne die volgende paar dae ons vertrekdatum vasmaak, voorlopig is dit iewers tussen die 16de en 23ste Augustus.

Sunday, August 1, 2010

2 Augustus 2010




Gerhard Botha van Stratosat het die naweek vir ons kom demonstreer hoe die internet data verbinding gaan werk. Dit sal ons instaat stel om internet te hê vir e-mails, internet bankdienste en skype. Ons gaan nie afhanklik wees van selfoonnetwerke nie. Ons beplan om 'n sateliet telefoon saam te neem sodat ons kan bel ook.