Sunday, August 29, 2010

Dag 3, Nata na Chobe

Stop vir diesel op Nata en kry ‘n verrassing, kos net P6.36 (R6.80). Die 1st 50km is die veld aan albei kante swart gebrand. Plek-plek smeul dit nog. Sien 2 olifante in die gebrande veld. Die pad tussen Nata en Kasane is besig om oorgebou te word. Ek sal Pieter vra om later ‘n opinie te gewen oor hoe swak of goed die pad is. Ek kry wel getik, terwyl ons ry.

Die omgewing herinner my aan iets tussen die noorde van die wildtuin en die Kavango, in Namibie. Vir kilometers is dit bome, gras en bosse en toe skielik naby Pandamatenga, groot sonneblom- en ander lande. Ek dink dit moet baie besonders wees op daarop aft e kom waneer dit blom.
Ons sien ook van tyd tot tyd kampe waar mense die dekgras “oes”, orals staan netjiese bondels gras. Lyk amper soos in Josef se droom.

By Kazungula Foot & Mouth Disease Control point het ‘n beampte aan boord gekom (kom jy aan boord van ‘n trok of net ‘n boot?) om ons diereprodukte te inspekteer. Hy het alles gelos, die kaas, eiers, yoghurt, viennas, bacon, hoender en vis. Ons het nie rooivleis gehad nie. Hoop wel om op Kasane ‘n lekker steak te koop vir vanaand se braai.

Ons kamp by Thebe River Safaris in Kasane. Het bespreek vir 2 nagte. Thebe bied ook wildritte en bootritte op die Chobe rivier aan. More gaan ons sommer albei doen, 05:45 die wildrit en 3 uur die middag die bootrit.

By die Spar op Kasane kry ons gou steak, brood en slaaigoed, en …… marinade vir ingeval die steak taai is.

2 comments:

  1. Hallo julle.
    Ons is bly julle is al op die pad. Geniet elke oomblik van julle vakansie.
    Theo en Suretha

    ReplyDelete
  2. Mooi Pieter mooi!! Enjoy the trip, keep the photos coming and watch out for skaaps! :-)

    ReplyDelete