Sunday, May 1, 2016

St Helena Eiland, Suid-Atlantiese Oseaan en die RMS St Helena 2016

Die eerste keer wat ek van St Helena gehoor het was iewers in hoƫrskool in die geskiedenisklas. En dit het gehandel oor Napoleon wat daar 'n banneling was en ook daar gesterf het. Later het ek ook gehoor van die boere wat krygsgevangenes daar was.

Meer onlangs was dit die advertensies van  Andrew Weir Shipping  in die Weg en Getaway tydskrifte wat ons gesien het. Dit het nie net vir ons oor die eiland gegaan nie, maar ook oor die RMS St Helena, een van die laaste posbote nog in diens. Toe toe ons verlede jaar (2015) hoor die lughawe word nou gebou en dat die boot van diens ontrek word, het dit vuur onder ons gemaak.




In Mei 2015 begin ons met die navorsing en besprekings. Ons bespreek 'n 4 bed kajuit met 'n klein badkamertjie, koste ongeveer R60 000. Die kinders is nog 0/12 en ry halfprys.


No comments:

Post a Comment