Sunday, June 16, 2013

Namibia 2013

16 Junie 2013

Die tyd vlieg en binne dae is ons (hopelik) op pad na  Namibia via Botswana. Die dae is vol met lysies maak en gou-gou winkel toe gaan. Onthou die malaria pille, Waar is die camper se papiere? en so gaan dit aan. Ons beplan om 'n Orange SIM kaart vir Botswana by Nashua Mobile in Brooklyn te koop, sodat ons darem in Botswana op die lug is vir die paar dae wat ons daar is. Namibia se SIM kaart sal ons daar koop.

Ek hoop om elke dag of twee te blog - afhangende van die spoed van die internet.

1 comment:

  1. Pieter, Ronel en dogters... ons "reis" graag saam met julle! alle voorspoed en sukses vir Namibie 2013! Joe en Esther

    ReplyDelete