Wednesday, July 10, 2013

Dag 19 Woensdag, Swakop tot Gobabis

Ons is donker weg uit Swakop en het baie goed gevorder. Ons was die heeldag op die pad en Pieter was nogal moeg vanaand. Op Okahandja het ons gestop vir biltong, skaaptjops en koeksisters.

Ek het gelees, maar hoofsaaklik die blog getik. Dit is nogal 'n uitdaging om so in die ry op die notebook te tik. Ek was teen middagete op datum met die blog, maar het moed opgegee om die foto's uit te sorteer en te re-size, dus doen ek dit vanaand, voor ek die blog kan post.  Dis 'n verligting om te weet alles is weer op datum.

Ons het die skaaptjops gebraai, ek het weer oliebolle gemaak vir padkos en weer Pieter en Emke se favourite pampoen gereg. Ek het nie eers een foto vandag geneem nie, sal more kyk of ek iets sien wat my aandag trek

2 comments:

  1. Ronel< jy is n ster met hierdie Blog...as jy dit nie gedoen het nie, het jy meeste goed vergeet oor n week of wat. Dis al die klein dingetjies wat spesiaal is. Jy gee aan julle as gesin 'n kosbare geskenk om elke dag te skryf! 'n Klein nood. Eendag sien ons dalk jou reisjoernale op die winkelrakke!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie, dis baie waar. Al is dit moeite om die blog te skryf en by te hou, is ek na die tyd dankbaar en ek is actually spyt oor die reise (daar was 2 van hulle) waar ek nie dagboek gehou het nie.

      Delete