Monday, October 4, 2010

Dag 29, Big 5 Lodge na Dar Es Salaam (Donderdag)

Vanoggend is daar ‘n 1.5 uur lang stappie in die natuur. Ek besluit om met die kinders in die lodge te bly, Pieter en 2 Duitsers gaan saam met Patrick stap. Ek gebruik die tyd om die blog te tik en te pak. Pieter hulle het hoofsaaklik net spore gesien, ‘n honey guide gehoor, bome geidentifiseer. Maar het dit nogtans geniet. Na ontbyt het ons so 11 uur weer die pad na Dar Es Salaam aangepak. Ons bestuurder is weer Abdulah. (Wat hom verbeel hy is Sarel van der Merwe!!!).Op ‘n stadium het hy omtrent 80 km/h gery op die grondpad. Pieter sê toe, ons is daar om dinge te sien en nie net vas te klou nie. Toe het hy stadiger gery, en hoe!!!! Ons het amper 6 uur eers weer in Dar Es Salaam by die soutwater resort Mikadi Beach aangekom. Toe ry Abdulah 60km/h die heelpad, waar hy toe 100km/h kon ry. Maar laat ons maar eerder laat as nooit aankom nie.
Ons bestel kos by die restaurant en nie net is dit baie goedkoop (R45 vir Fillet steak en chips) nie, dis ook baie lekker. Ek bestel toe sommer 4 Fillet toast broodjies takeaway om more op pad te eet. Aangesien die fillet toast goedkoper as burgers is. Die beplanning is om so vroeg as moontlik weg te trek en Dar Es Salaam se oggendverkeer te mis. Ons wil graag 5 uur weg kom. Vir oulaas gaan durf ek die soutwater stort aan. Na Pieter se stort in die camper is ons vars water toe ook klaar. Gelukkig het ons heelwat water in die yskas om te drink.

No comments:

Post a Comment