Tuesday, October 5, 2010

Dag 39 Kisolanza Farm, Iringa






Die pad was vandag nie so lank nie (in kilometers, nie) 280km, maar teen maksimum van 50km per uur gaan dit ons seker 6 ure neem. Ons moet weer die bergpas met die baie padwerke oorsteek. Verder kom die spoedgrens by die dorpies af na 50km/h en later 30km/h. Om seker te maak jy ry stadiger het Tanzania mean speed bumps, groot enkeles, kleintjies van 4 en om seker te maak jy ry nie om hulle nie, ‘n ekstra groot een aan die kant van die pad.

Vanaand kamp ons weer by Kisolanza Farm wat ‘n gunsteling by ons is. Ek sit vandag foto’s op die blog waarvan party geneem is toe ons laas op die pad gery het, niks het sedert dien verander nie.

1 comment:

  1. Hi,
    Dink na al die stof sal julle bly wees om te weet dat ons gisteraand (7Okt) ons eerste reen gehad het!! Dit was wonderlik - die sypaadjies enstrate is een groot pers mat met al die jakaranda blomme!!
    Geniet die res!!
    H

    ReplyDelete