Monday, October 4, 2010

Dag 32, Snake park, Arusha (Sondag)




Ons spandeer die dag om die res van die wasgoed te was en die blog te update en te skype met Johan en Nellie. Ons het ook housekeeping gedoen en die vloere gewas.
Hier is nog ‘n klompie goed wat ons intussen geleer het. Moenie die kans laat verby gaan om geld te trek en om diesel in te gooi nie. Die volgende bank is dalk leeg en die volgende een het ‘n kragonderbreking en dan het jy moeilikheid.
Moenie jou paspoort in jou gatsak sit waneer jy beplan om ‘n longdrop te gebruik nie. Daar sit ‘n biker in Nairobi al 2 weke en wag vir ‘n nuwe paspoort nadat syne in die longdrop geval het. Ons het sy vriend wat solank Malawi ontdek, in Lilongwe ontmoet.
Engela is vandag nie lekker nie, iewers het sy seker ‘n bug of iets opgetel want vandag het sy diaree en gooi op. Ons sal dit maar dophou en hou duimvas vir dis net ‘n 24 uur bug. Later die middag gaan besoek ons die Masai museum.

No comments:

Post a Comment