Monday, October 4, 2010

Dag 34, Ngorongoro Krater






Ons nag was te sleg nie, ek het 2 keer met Engela in die nag na die toilette gehaas, maar verder het die krismisbed goed uitgewerk. Ontbyt bestaan uit koffie, toast, omelet en viennas. Ons het vroeg begin en het so net na 6 vertrek. Nogorongoro is die duurste van al die wildtuine en ons wil so lank as moontlik binne wees. Volwassenes: USD50, Kinders: ek dink USD 35, Engela gratis en dan is daar nog ‘n crater fee van USD 200 vir elke voertuig wat in die krater afgaan.
Ons sien ‘n paar buffels op pad in en die eerste ander dier wat ons sien is ‘n jagluiperd. Die lê ‘n bietjie weggesteek, maar ons sien darem die kolle. Verder sien ons ook Coke’s hartebeest, 2 soorte jakkalse (black-backed and golden), flaminke, hyenas (baie), mahemme, kori bustards,4 keer leeus oa ‘n wyfie met 2 groterige kleintjies. Met die eerste leeus moes ons mooi kyk om die leeus te sien. Die een het in die middel van die pad gelê!!! Ons het eers gedink hy is dood, maar hy het net eintlik skaduwee gesoek. En het hy nie gekry nie, sodra die een voertuig aanskuif het die volgende een weer sy plek gevat. Daar is vol-op Grants en Thompson gazelle’s. Ongelukkig het ons nie die groot ivoordraers van die krater gesien nie. Het darem ‘n klompie ander olifante gesien. Die swart renosters was ook nie beskikbaar vir ons besoek nie. In die krater is daar nie impalas nie, en ook nie kameelperde nie. Ek het die krater baie geniet, die enigste ding wat ‘n bitter smaak laat is die swak toestand van die ablusies. Vir die geld wat jy betaal om in tekom, kan hulle regtig die stukkende krane en toilette herstel en iemand permanent daar sit om die vloere te mop en so aan.
Ons het so teen 4 uur die krater verlaat, more besoek ons Lake Manyara NP.

No comments:

Post a Comment