Monday, October 4, 2010

Dag 37, Irente View Cliff lodge and camping






Ons is nou in die Western Usambara Mountains, 1000m bo-kant die Maasai Steppe, die uitsig – ongelooflik. Na ‘n rustige ontbyt besluit ons om na Irente Farm te stap, so 1km verder. Dis nogal lekker om die pad nou in helder daglig onder minder stresvolle toestande te sien. Ons giggel lekker vir die “overlanders and bagpackers”.
Ons stap deur die dorpie, gelukkig is dit Vrydag en die meeste kinders is in die skool. By Irente Farm ontmoet ons vir Anette en Peter. Hulle werk is die Lutherse Kerk en bestuur die plaas. Anette is oorspronklik van Swede en het Peter in Suid-Afrika ontmoet. Daar word heelwat dinge op die plaas gedoen. Daar is koeie en bokke wat gemelk word. Die melk word gebruik om yoghurt, kaas en maaskaas te maak. Verder koop hulle ook vrugte van die plaaslike inwoners waarvan dan konfyt gekook word, moerbei, perske, pruim, ens. Rogbrood word ook gebak. Ongelukkig het hulle verskaffer van rogmeel opgehou plant en nou probeer hulle self rog plant en oes, maar dis nie ‘n groot sukses nie. Piekniek middag-etes word bedien bestaande uit die produkte van die plaas.
Ons loop op die plaas rond, die kinders geniet die koeie en bokke baie en later kuier ons nog vir ‘n uur oor lekker koffie met Anette terwyl ons wag vir die rogbrood om uit die oond te kom. Ons koop warm rogbrood, kaas, gevriesde maaskaas, 2 soorte konfyt en grenadellakoeldrank.
Terwyl ons op die plaas geloop het, stap ons verby een van die goed wat gebruik word om mielies van die stronke aft e haal. Dit het so ‘n groot wiel met ‘n slinger aan. Die girls is dadelik opgewonde:…. Is dit ‘n spinwiel? Baie duidelik kyk hulle te veel sprokies en kom te min op die plaas. Ek en Pieter het lekker gelag.
Voordat ons vanoggend gaan stap het, het iemand vir ons ‘n verkleurmannetjie gaan wys. Die naam is iets soos Usambara twin horn chameleon. Dit is vir ons nogal ‘n aanpassing dat niemand vir jou iets verniet sal wys nie, jy moet vir alles betaal. Hulle rig so tydelike konstruksie by ‘n view point op en probeer jou geld vra om na die uitsig te kyk. Orals waar jy gaan kom een of ander person aangeslenter wat jou hand wil skud, vra wat jou naam is, van waar jy is en op een of ander manier wil geld maak uit jou.
Terwyl ek en die girls vanmiddag gerus het, het Pieter bietjie die omgewing gaan verken en op die original, egte view point agter die hotel afgekom, wat verniet is. Ha!! Ook net verniet as jy daar bly of kamp, want as jy net kom kyk probeer die hekwag van die hotel jou ook toegang vra na die viewpoint toe.
Laat middag nadat ons gebraai het en Emke haar croc’s verloor het (sy het dit by die swaaie vergeet en een of ander kind het dit seker gevat), is ons weer view point toe om die sonsondergang af te neem. Nie te lank nie of een of ander entrepreneur daag weer op en begin met sy stories. Pieter wat nog redelik vies is oor Emke se verlore croc’s knip toe sy storie vinnig kort deur te se ons is hier om die sonsondergang in STILTE te waardeer. Later het Pieter besluit hy gaan mense nou geld vra as hulle nonsense met hom wil praat. Die sonsondergang was toe nie so stunning soos die vorige aand nie.
Die African Violets kom oorspronklik van die Eastern Usambara berge af.

No comments:

Post a Comment