Monday, October 4, 2010

Dag 35, Lake Manyara NP






Lake Manyara een van die kleiner nasionale parke en is 33okm₂ groot, die meer beslaan 220km₂. Arusha is net 126 km van hier, lake Manyara grens aan die dorpie,Mto wa Mbu ( wat Mosquito River beteken) In Mto wa Mbu sien ons vir die eerste keer rooi piesangs. Nee, het nie gekoop nie en weet dus nie hoe dit proe nie. Die klein piesangtjies, omtrent die helfte van ons’s’n, is heerlik. Wel, ek en Emke dink so, Pieter wil nie proe nie en Engela sê net: “Ek eet nie piesangs nie”.
Ons was nog nie eers in die park nie toe sien ons die pelikane. Dit is pink backed pelicans. Die eerste gedeelte van die park is deur ‘n ground water forest, met die pragtigste groot bome en baie water stroompies. Ons sien crested guinea fowls wat ‘n mens naby Pafuri in die wildtuin ook kry. Heelwat ape is te sien, Vervet Monkeys *(wat ek ken as blou apies) en Blue Monkeys (wat ook bekend is as Samango ape). Die kinders was baie geintreseerd in die Vervet monkeys se blou geslagsdele, Haai kyk sy blou tollie, het my nogal laat giggle. Soms is ek bly ons gids verstaan nie Afrikaans nie.
Lake Manyara is ‘n voëlkyk paradys en ons het heelwat voëls gesien. Van die nuwe voëls is Rooivlerkspringkaanvoëls, Meyer’s Brown Parrot, White browed courcal. As daar nou een voel is wat ons na dese positief kan identifiseer dan is dit die gryskop visvanger, ons het al soveel van hulle gesien.
Om die pelikane saam met wild te sien voel heeltemal verkeerd, by die see of dieretuin is Ok. Om hulle bo in palmbome te sien is vreemd, veral omdat hulle pote soos eende het. Dis miskien hoekom hulle so ‘n kabaal opskop, Help, ek gly alweer af!!!!
Die boomklimmende leeus het ons ook ontwyk, ons het darem ‘n klomp olifante gesien en al die gewone sebras, wildebeest, impalas, vlakvarke, seekoeie en bosbokke. Nadat ons weer ‘n piekniek middag-ete gehad het van margarine toebroodjies, gekookte eiers, hoenderporsies, koue chips, piesangs, 2 muffins, piesangsfritter en vrugtesap. Heeltemal te veel. Waar die spreeus ons in die wildtuin oorval was dit hier die rooi-en- geel houtkappers. Daar is egter ‘n streng kennisgewing dat jy hulle en die bobbejane nie mag voer nie. En toe het ons begin terugry hek toe. Van Manyara af is dit so 2 ure tot op Arusha en ons wil nog pak om more te vertrek.
Die ablusies by Lake Manyara (en by Tarangire NP ook) was spotless, daar was selfs ‘n keuse tussen sit en squat. Ek sien hulle noem dit pit toilets and flash toilets.

No comments:

Post a Comment