Monday, October 4, 2010

Dag 33, Tarangire National Park






Ons Land Cruiser arriveer op tyd en ons ontmoet, Livingstone, ons bestuurder en gids vir die volgende 3 dae. Tarangire is so `120km suidwes van Arusha, is 2850km₂ groot en is Tanzania se 5ste grootste park. Nadatons gou by die toilette gestop het vir Engela en vir Livingstone om te betaal is ons die park binne. Koste is USD 35 vir volw, USD 10 (5-15jr) en onder 5 gratis. As jy in Tarangire kamp kos dit by public campsite USD 30, by special campsite USD 50 en by premium campsite USD 100 – ek en Pieter dink dis by premium een waar hulle die leeus gaan vang en by jou tent vir jou kom wys. Want waarvoor die R750 per nag anders kan wees?
Ons sien baie krematart bome, wild en nuwe voëls oa White headed buffalo weaver (wit, swart en rooi sal foto post), yellow-necked spurfowl en ‘n red and yellow barbet (sal ook post). Die white bellied go-away bird lyk soos ons kwêvoël net met ‘n wit pens. Onder die nuwe wild tel die wildebeeste, hulle is ligter en het witterige hare onder hulle kele, Grant’s gazelle en Thompson’s gazelle. Ons sien ook omtrent 4 dik-diks. Die hoogtepunte was die luiperd in die boom, die albino sebra en die rietbokke.
Ons piekniek wat verskaf word sluit in: margarine toebroodjie, hoenderporsie, vrugtesap, grondboontjies, piesang, muffin en gekookte eier.
Die olifante in die park is baie rustig en lyk ook heelwat kleiners as die in die Kruger wildtuin. In ‘n paar krematart bome sien ek orgidieë. Die blommetjies is klein en geel met donker kolletjies op.
Teen 4 uur het ons genoeg wildgekyk en stop vir ou laas by die toilette voordat ons na die kampplek toe ry. As ekstra bonus sien ek ‘n red-cheeked cordonbleu. Jammer vir al die engelse name, maar ek weet nie wat dit in Afrikaans is nie. Ek neem aan dit sal iets wees soos ‘ n rooi wang blou sysie.
Ons kamp vir die volgende 2 aande op Karatu, by Kudu Lodge. Pas nadat ons tent opgeslaan is, (ons het besluit om net een ten te gebruik en ‘n groot krismisbed te maak) het Brownie ‘n groot skinkbord vol popcorn gebring waaraan ons kan peusel. Brownie sal ons kok vir die volgende 2 aande wees. Ons het sampioensop geeet en daarna was ons hoofgereg spaghetti en maalvleis.

No comments:

Post a Comment