Monday, October 4, 2010

Dag 36 Snake Park na Irente View






Teen gister was Engela nog nie beter nie, sy het nogsteeds diaree, maar gelukkig nie koors nie. Die immodium op safari het nie gehelp nie, so ‘n kursus antibiotika sal dit hopelik opklaar. Vandag lyk sy al ietwat beter.
Terwyl ons groet, gee ons die oorblywende skryfboeke, penne en ‘n bybel vir Ma vir gebruik by die skooltjie. Ma (Lynn) se toe ons moet sommer twee van die boeke en penne vir 2 kinders in die kliniek gaan gee wat op die oomblik vir slangbyte behandel word. Een is deur ‘n pofadder gepik en die ander deur ‘n kobra as ek reg onthou. Die kinders word nogal in die nag gepik in die reen siesoen waneer die slange in die hutte kom en tussen die kinders se beddegoed inklim. Emke en Engela het die boeke en penne oorhandig, dis eintlik baie vinnig: smile, gee, smile, bye. Ons kan mekaar nie verstaan nie, die kinders praat nog nie engels nie aan beide kante, maar die hele ervaring het ‘n groot indruk op die kinders gelaat. Toe ons uitstap, se Engela: ek wil nie ‘n pofadder vashou nie. Nou vra ek jou, wie sal ooit vir haar ‘n pofadder gee om vas te hou? Op ‘n stadium toe ons in die slangpark was (omdat ons kamp, het ons vrye toegang) het Emke, baie dapper ‘n skadelose slang om haar nek laat drapeer.
Nadat ons eers weer geld getrek het en voorrade by shoprite aangevul het is ons omtrent 11 uur die dorp uit. Waar ons gaan slaap sal van ons vordering afhang. Ons vorder goed en mik vir Irente View, via Lushoto. Lushoto is 33km van die hoofpad via ‘n baie mooi bergpas en Irente 7km verder per grondpad. Dis nou al laat middag toe ons op Lushoto aankom, die tracks for Africa tannie lei ons op ‘n smallerige grondpaadjie die berge in, die paadjie word al hoe smaller hoe hoer ons gaan en ek (en ek is seker Pieter ook) begin worry wat as die pad net ophou, hoe gaan ons omdraai, daar is net die plek nie. Ons nader weer ‘n dodgy houtbruggie waarby Pieter sommer self stop. Na ‘n vinnige inspeksie is ons toe veilig daaroor. Gelukkig bereik ons Irente view cliff lodge omtrent 1km verder. Die ongelooflike mooi sonsondergang het die roete die moeite werd gemaak. Ons sluit om nog ‘n nag oor te bly sodat ons dit more rustig kan waardeer. Engela lyk en voel darem stukke beter.

No comments:

Post a Comment