Monday, October 4, 2010

Dag 31, Meserani Snake Park, Arusha



Meserani Snake Park het heelwat ontwikkel sedert ek laas hier was. Hier is nou ’n Masai Kultuur Museum, ‘n kliniek en ‘n weeshuis vir 5 kinders wie se ouers aan vigs dood . By die kliniek word mediese dienste gratis aan die Masai gemeenskap gelewer en dit is ook die plek waar jy behandeling vir slangbyte kan kry. Regoor Tanzania kom mense vir behandeling. Die serum word van Onderstepoort afbestel. Ma en BJ, wat die eienaars is het oorspronklik van Natal afgekom. Hier is ook ‘n werkswinkel waar jy jou overland trok kan herstel of diens.
Vandag wil ons kos koop en ons safari planne maak. Na die nagmerrie verkeer in Arusha besluit ons dat ek met ‘n taxi dorp toe sal gaan en kos en vleis gaan koop terwyl Pieter wasgoed sal was en die girls die slange sal gaan wys.
Ek het ‘n heel suksesvolle shopping trip gehad. Arusha het ‘n groot Shoprite waar ek alles behalwe vleis gekoop het. Meatking is glo die plek vir vleis. En dit was ook so. Dit was so lekker om na vleis te kyk en alles lyk lekker in plaas van oe, hoe naar voel ek nou!!! Ek het boerewors, t-bone, gerookte varktjops, skaaptjops, maalvleis en bacon gekoop EN BILTONG. Ek was al so lus vir biltong.
Mr Mushi van Fun Safari’s het ons by Snake Park kom sien en die volgende aangebied. 3 Voldag game drives met piekniek middag-etes, 2 nagte kampering (tente en matrasse en stoele verskaf) ontbyt en aandete by die kampeerplek, motorbestuurder/gids en kok. Ons gaan dan eers Tarangire NP, dan Ngorongoro Crater en laaste Lake Manyara besoek. Alles ingesluit. Dit kos USD 610 vir my en Pieter elkeen en USD 300 vir die girls saam. Ons los dan die camper by Snake Park terwyl ons weg is, BJ en Ma sal ‘n oog hou en hulle charge nie vir die 2 nagte wat ons weg is nie. Wat gaaf is, want in Dar het ons 8000 Shillings betaal per nag vir die trok terwyl ons weg was. Ons reel om Maandag-oggend 8 uur te vertrek.
Uiteindelik vier ons braaidag met heerlike gerookte varktjops.

No comments:

Post a Comment